advertisement
Question
Posted by: Charlotte | 2011-07-15

tranerige oog, hoes en naarheid

Beste Dr Anrich
Twee goedjies wat pla, kan u raad gee asb? My man is ''n diabeet en insulienafhanklik. Hy is egter gesond en -|- roleer sy diabetes baie mooi. Hy was in die begin van die jaar vir sy jaarlikse oogtoets en oog ondersoeke en alles was in orde. Hy het egter nou ''n lastige tranerigheid in sy linker oog, die oog begin traan dat die druppels behoorlik val en hou dan weer op, aan en af, wat kan fout wees?
Die tweede is my gehoes en opgooi, ek het u raad gevolg en het ''n kursus Ranclav antibiotika voltooi tesame met Sinumed, maar Dokter ek hoes myself te buite en gooi eenvoudig elke keer op, dan voel ek behoorlik siek! My maag pyn dan sommer ook en dit swel op, wraggies ek weet nie meer nie! waarheen en wat nou, kan my bloeddrukpille my so laat hoes en voel, ek smyt dit sommer weg! Baie dankie, groetnis!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Charlotte

Daar is verskeie redes vir 'n enkel tranerige oog en veral as daar enige visuele steuring is, moet jou man so gou as moontlik deur 'n dokter ondersoek word.

Ongelukkig noem jy nie watter bloeddruk pil jy gebruik nie, maar as dit 'n ACE inhibitor is, kan dit wel jou hoesery en naarheid veroorsaak. Laat weet my asseblief watter produk jy gebruik en dan sal ek 'n ander produk voorstel en jy kan jou dokter dan daaroor konsulteer.

Groete




Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Anonymous | 2014-04-24

My man het gehoes van sy bloeddruk pil dit was glo een van die pil se newe effekte nou is hy op exforce 20mg en sy hoes het geheel en al opgehou

Reply to Anonymous
Posted by: Charlotte | 2011-07-17

Baie dankie Dr, ek maak vir my man dadelik ''n afspraak, moet dit by ons huisdokter wees of na die oogspesialis waar hy vir sy jaarlikse ondersoek gegaan het?

Ek drink Pharmapress 20mg soggens, ek het wel die tablet " gegoogle"  en die Mims nagelees en hoes word wel as newe effek genoem hoewel dit nie alle pasië nte affekteer nie?

Reply to Charlotte

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement