advertisement
Question
Posted by: tasha | 2010-03-15

tong tie

My seun is 5mnde oud die vlies onder sy tong is voor aan sy tandvleise vas op watter ouderdom maak dr,s dit reg en wat is die implikasie as dit nie gedoen word nie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImagezENT Expert

Geagte Tasha

Die sogenaamde vlies onder die tong verwys na die frenulum, en in sommige mense is dit nie so los soos dit behoort te wees nie. Die tong behoort vrylik verby die onderkaak (tande) te kan beweeg as mens dit uitsteek, en as dit nie moontlik is nie, het dit implikasies inhou t.o.v. spraakontwikkeling en dinge soos bv. om roomys te lek. Sommige babas mag in erge gevalle sukkel met voeding. Dit is raadsaam om die advies van jou pediater te kry oor die noodsaaklikheid van die prosedure en op watter stadium dit gedoen moet word. Die prosedure is vinnig, maar vereis 'n narkose. Soms kan dit gekombineer word met 'n ander prosedure indien dit nodig is. Alternatiewelik kan spraakterapie probeer word om die effek te probeer verbeter. Indien die frenulum baie vas is, is dit egter soms raadsaam om dit maar liewer te korrigeer om langtermyn probleme te voorkom. Kry die opinie van 'n ONK en jou Pediater en neem dan 'n gesamentlike besluit wat die beste is vir jou seun.

Groete

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement