advertisement
Question
Posted by: Estelle | 2011/01/17

Toetse

Hi Dr

Ek is ''n 30 jarige vrou en sukkel met erge abdominale pyn, min of meer die hele boonste deel, van bo my naeltjie tot amper by my nek, maar veral aan my regterkant by my ribbes (dit verwys ook na agter, my spiere is baie seer en gevoelig agter my rug aan die regterkant). Ek sien ''n fisio vir dit een keer ''n week. Ek het ook agter my linkerbors ''n permanente brandpyn, so erg dat ek op ''n stadium gedink het ek kry ''n hartaanval. My ribbes is ook baie sensitief, die regterkant meer as die linkerkant. My dr het Librax en Buscopan voorsgeskryf en ''n aantal toetse gedoen. Hy het daarna vir my Aropax voorgeskryf vir angstigheid, wat sy diagnose was en wat hy gese het veroorsaak prikkelbare dermsindroom en dat dit moontlik is waarom ek pyn verduur. Ek het vir ''n sonar gegaan vir my niere wat ook niks opgelewer het nie, alles is reg daar. Hy het die volgende toetse gedoen:

Full blood count
Platelet count
D-Dimer (Quantitative)
C-reactive protein
Aspartate aminotransferase (AST)
Creatine kinase (CK)
Lactate dehydrogenase (LD)
CK-MB: mass determination: Quantitative (Automated)
Myoglobin quantitative: monoclonal immunological
Troponin isoforms: each.

Ek het nie die presiese uitslae nie, maar hy het my verseker alles is honderd persent. Agv my abdominale pyn en die pyn in my linkerbors was ek bekommerd oor my lewer en hart. Nou is my vraag: Indien daar enigiets ernstigs fout was met my, sou dit in hierdie toetse gewys het? Wat is dit wat my dr wys geword het daaruit? Is hierdie toetse voldoende om ernstige orgaansiektes op te tel? Jammer oor die lang vraag, maar ek volg hierdie forum op ''n gereelde basis en sal dr se antwoord hoog op prys stel.
Dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Estelle
Die toetse wat hy gedoen het het hart en lewersiekte uitgeskakel. Dit klink vir my of jy dalk fibromialgie het, en ek wonder of jy nie net 'n rheumatoloog opinie ook moet kry nie.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Cyberdoc | 2011/01/18

Hallo Estelle
Die toetse wat hy gedoen het het hart en lewersiekte uitgeskakel. Dit klink vir my of jy dalk fibromialgie het, en ek wonder of jy nie net 'n rheumatoloog opinie ook moet kry nie.
Dr Bets

Reply to Cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement