advertisement
Question
Posted by: cindy | 2012/02/02

toelaatbaar?

Dok weer ek, baie dankie vir u raad op die laaste post. Ek het nou nog net 2 vragies. Ek crave regtig baie sout voor ek moet gaan slaap. is dit normaal? Ek eet dan komkommer met bietjie sout en titsel asyn. Ek het nou die dag ''n hele suurlemoen verorber. Mag ek dit doen? (alhoewel ek gelees het dat met ''n eetlepel vars suurlemoen sap daagliks moet inkry en so weerstand opbou teen kanker) Gaan ek nie later arthiritus of gout kry nie? En sal u my kan antwoord op oefening? Hoeveel kj vebrand ek met halfuur stap en hoeveel met halfuur met aerobics/dans? Dankie regtig lekker om met u te kan gesels!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Cindy
Dit is 'n plesier. Dit is nogal vreemd dat jy saans so 'n begeerte vir sout het. Indien dit so aanhou of erger word, sal dit miskien 'n goeie idee wees om jou huisarts daaroor te vra ) net om seker te maak dat daar nie 'n onderliggende mediese rede vir hierdie sout drange is nie). Indien jy 'n hele suurlemoen kan verorber, sal dit jou nie skade aandoen nie, behalwe dat jy jou mond met water moet uitspoel sodat die suur van die suurlemoen nie jou tande beskadig nie. Suurlemoene veroorsaak nie jig nie -maar rooivleis, vis, eiers, en pluimvee asook vleissouse en -aftreksels en -konsentrate (bv. Marmite, Bovril) en peulgroente, bevat stowwe wat puriene genoem word, wat wel jig kan veroorsaak. Wat oefening aanbetref, sal dit natuurlik afhang hoe vinnig jy stap en hoe aktief jy dans - dit verg nogal gekompliseerde berekenings aangesien mens ook jou geslag, gewig, liggaamsoppervlak en vlak van fiksheid, in berekening moet bring. Dan is daar ook die vertraagde energie effek van oefening wat jou basiese metabolisme vir so lank as 24 uur kan verhoog en ook sal bydra tot energie verbruik. Al wat ek kan noem, is dat stap teen 5 km per uur gemiddeld 2.888 kJ/kg van jou liggaamsgewig/10 min opgebruik. Aërobiese dans gebruik weer gemiddeld 3.478 kJ/kg van jou liggaamsgewig/10 min. Jy sal dit moet bereken deur jou eie liggaamsgewig in die verhouding te gebruik.
Vriendelike groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Paul | 2012/02/18

I was very eucgnraoed to find this site. I wanted to thank you for this special read. I definitely savored every little bit of it and I have you bookmarked to check out new stuff you post.

Reply to Paul
Posted by: DietDoc | 2012/02/02

Beste Cindy
Dit is 'n plesier. Dit is nogal vreemd dat jy saans so 'n begeerte vir sout het. Indien dit so aanhou of erger word, sal dit miskien 'n goeie idee wees om jou huisarts daaroor te vra ) net om seker te maak dat daar nie 'n onderliggende mediese rede vir hierdie sout drange is nie). Indien jy 'n hele suurlemoen kan verorber, sal dit jou nie skade aandoen nie, behalwe dat jy jou mond met water moet uitspoel sodat die suur van die suurlemoen nie jou tande beskadig nie. Suurlemoene veroorsaak nie jig nie -maar rooivleis, vis, eiers, en pluimvee asook vleissouse en -aftreksels en -konsentrate (bv. Marmite, Bovril) en peulgroente, bevat stowwe wat puriene genoem word, wat wel jig kan veroorsaak. Wat oefening aanbetref, sal dit natuurlik afhang hoe vinnig jy stap en hoe aktief jy dans - dit verg nogal gekompliseerde berekenings aangesien mens ook jou geslag, gewig, liggaamsoppervlak en vlak van fiksheid, in berekening moet bring. Dan is daar ook die vertraagde energie effek van oefening wat jou basiese metabolisme vir so lank as 24 uur kan verhoog en ook sal bydra tot energie verbruik. Al wat ek kan noem, is dat stap teen 5 km per uur gemiddeld 2.888 kJ/kg van jou liggaamsgewig/10 min opgebruik. Aërobiese dans gebruik weer gemiddeld 3.478 kJ/kg van jou liggaamsgewig/10 min. Jy sal dit moet bereken deur jou eie liggaamsgewig in die verhouding te gebruik.
Vriendelike groete
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.