advertisement
Question
Posted by: Marie | 2011/09/27

Tipe 1 diabeet soek eetplan om gewig te verloor

Ek is ''n tipe 1 diabeet wat sukkel om gewig te verloor. Ek spuit 4keer per dag insulien en mag geen tussen maaltye versnapperings neem nie. Ek tel baie vinnig gewig op en sukkel om ''n dieet te kry wat werk.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Marie
Dit is absoluut onontbeerlik dat alle pasiënte wat aan tipe 1 diabetes ly, 'n individuele dieetvoorskrif van 'n geregistreerde dieetkundige moet kry. Gaan sien dus so gou as moontlik 'n geregistreerde dieetkundige. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Die dieetkundige sal al jou individuele faktore soos die tipe 1 diabetes, die soort insulien wat jy gebruik, hoe dikwels jy dit moet gebruik en die dosis, jou neiging tot gewigstoename, ouderdom, en fisiese aktiwiteit in ag neem om jou dieetvoorskrif te bereken. Dit is nie iets wat ek vir jou oor die Internet kan doen nie. Raadpleeg dus 'n plaaslike dieetkundige so gou as moontlik. Wanneer jou suiker- en insulienvlakke stabiliseer en jy begin om gewig te verloor, kan jy ook met jou geneesheer gesels oor oefening. Die dokter moet toestemming gee of jy mag oefen, en indien hy/sy dit goedkeur, sal hy/sy moet spesifiseer watter soort oefening en hoe veel jy moet doen. Wanneer jy dan begin met oefening, soos elke dag gaan stap, sal die dieetkundige jou dieetvoorskrif weer aanpas om voorsiening te maak vir jou verhoogde energie-behoefte.
Ek hou duim vas dat jy met die hulp van die dieetkundige nie net gewig sal verloor nie, maar ook jou insulien- en suikervlakke goed sal kan beheer.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Adri van der Merwe | 2011/10/03

Goeiedag. Ek wil graag weet wat is ''n goeie multivitamin pil wat ek kan drink en is daar nog iets anders wat ''n tipe 1 diabeet moet drink.
Baie dankie
Adri

Reply to Adri van der Merwe
Posted by: DietDoc | 2011/09/27

Beste Marie
Dit is absoluut onontbeerlik dat alle pasiënte wat aan tipe 1 diabetes ly, 'n individuele dieetvoorskrif van 'n geregistreerde dieetkundige moet kry. Gaan sien dus so gou as moontlik 'n geregistreerde dieetkundige. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Die dieetkundige sal al jou individuele faktore soos die tipe 1 diabetes, die soort insulien wat jy gebruik, hoe dikwels jy dit moet gebruik en die dosis, jou neiging tot gewigstoename, ouderdom, en fisiese aktiwiteit in ag neem om jou dieetvoorskrif te bereken. Dit is nie iets wat ek vir jou oor die Internet kan doen nie. Raadpleeg dus 'n plaaslike dieetkundige so gou as moontlik. Wanneer jou suiker- en insulienvlakke stabiliseer en jy begin om gewig te verloor, kan jy ook met jou geneesheer gesels oor oefening. Die dokter moet toestemming gee of jy mag oefen, en indien hy/sy dit goedkeur, sal hy/sy moet spesifiseer watter soort oefening en hoe veel jy moet doen. Wanneer jy dan begin met oefening, soos elke dag gaan stap, sal die dieetkundige jou dieetvoorskrif weer aanpas om voorsiening te maak vir jou verhoogde energie-behoefte.
Ek hou duim vas dat jy met die hulp van die dieetkundige nie net gewig sal verloor nie, maar ook jou insulien- en suikervlakke goed sal kan beheer.
Sterkte
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.