advertisement
Question
Posted by: sarah | 2011-01-12

Tik en nogmaals tik = getik!!

Hi dok, langstorie, my kind, begaafd, Toastmasters wenner in debat, leerlingraad ens. Tans 26, met ''n dogtertjie van 5. So 2 jaar gelede het sy haar werk verloor agv diefstal, haar woonstel, sy was nou regtig down en out! Dit het uitgekom dat sy tik gebruik het, ek dink jy sal die teleurstelling en skok van ons as ouers verstaan. Sy was feitlik ''n jaar sonder inkomste, ons het gesorg vir die dak, (haar ingeneem) kos, skoolfonds en die nodige, sielkundige en al die regte dinge! Sy het belowe sy is klaar met die goed, haar optrede en vel het getuig daarvan. Sy het met die genade van Bo ''n wonderlike werk gekry met ''n wonderlike salaris. Nodeloos om te sê  ek het tikpypie in haar kamer gekry en my onmiddellike reaksie was om haar te vra om te gaan - sy het belowe dat dit nie weer sal gebeur nie en sy wil by ons aanbly, sy weet nie waarom sy dit gedoen het nie ens. Ek het nou ''n tuistoets gekoop en wil haar elke nou en dan toets, is die toetse akkuraat genoeg, is daar ''n manier waarop sy die toetse kan flous (ek sal sorg dat sy die urienemonster VOOR my doen) sy is so lieflike mens en haar dogtertjie is to die for. Ek verstaan nie waar als so verkeerd kon gaan nie, sy het so blink toekoms gehad. Ek is so bang sy draai ons ''n rat voor die oë  en ons is maar die goedgelowige ouers wat alles vir soetkoek opeet. Is hier dalk ''n AA of iets naby ons? Ek sal wag op u antwoord en baie dankie vir die geleentheid. (Hoe skadelik is tik as sy dit bv 8-9 maande gebruik het - sy kla van pyne in haar are?)

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageAddictions expert

Geagte Bekommerde Ouer

Dit is duidelik dat U ‘n baie bekommerde ouer is, en veral oor jou dogter.
Ons advies is as volg:
Meth amphetamine (Tik) is ‘ne baie gevaarlike verslawende dwelm aangesien dit die senuweestelsel aantas. Die neve-effek van hierdie dwelm is uitengevaarlik. Lang termyn behandeling word baie sterk aanbeveel. U noem dat U dogter die dwelm gerook het die afgelope agt maande. Ons is saam met U bekommerd en stel voor dat U haar dringend toelaat vir behandeling.

Hiermee die webtuiste vir Narcotics Anonymous:
www.na.org.za

Ons stel ook voor dat U gedurende U dogter se behandeling U self ook behandeling/berading ontvang.

Die opsies vir jou:

www.naranon.org.za
www.alanon.org.za
www.coda.org

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Addictions expert | 2011-01-19

Geagte Bekommerde Ouer

Dit is duidelik dat U ‘n baie bekommerde ouer is, en veral oor jou dogter.
Ons advies is as volg:
Meth amphetamine (Tik) is ‘ne baie gevaarlike verslawende dwelm aangesien dit die senuweestelsel aantas. Die neve-effek van hierdie dwelm is uitengevaarlik. Lang termyn behandeling word baie sterk aanbeveel. U noem dat U dogter die dwelm gerook het die afgelope agt maande. Ons is saam met U bekommerd en stel voor dat U haar dringend toelaat vir behandeling.

Hiermee die webtuiste vir Narcotics Anonymous:
www.na.org.za

Ons stel ook voor dat U gedurende U dogter se behandeling U self ook behandeling/berading ontvang.

Die opsies vir jou:

www.naranon.org.za
www.alanon.org.za
www.coda.org

Reply to Addictions expert
Posted by: Ex-Addict | 2011-01-14

Sarah, ek dink dit is wat ek ken as Cat. Ek is self ''n erkende verslaafde. Ek was/is in jou dogter se skoene. Ek is ''n ma van 3 het op 24 vir die eerste keer in my lewe dwelms gebruik. Ek het 3 kinders, gelukkig getroud. Ek het ''n baie goeie werk gehad. Dit het begin met X pille en opgeeindig met ''n ''n ''''ek sal enige iets verkoop'''' vir nog ''n pakkie. Ek het baie gejok, geontken, gesteel, als net om gelos te word in vreede net om verder in ''n strooitjie in te klim. Niemand kon my oortuig om op te hou nie. Volgens my was almal verkeerd. Ek het ''n lewens veranderinde oomnlik ervaar. Ek was vir amper 8 jaar vas. Ek is nou aktief betrokke by N.A byeenkomste. Dit is wonderlik, mense soos ek, wat my verstaan. Dit gee my die sterkte wat ek nodig het om aan te gaan. Just for today is ons leuse.

Jy klink soos my ma geklink het. Dit het 8 moeilike jare (vir die om my) om op te hou. Sterkte vir jou, ek hoop werklik jy kom reg. Die enigste vereiste by die N.A is om te wil ophou.

Reply to Ex-Addict

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement