advertisement
Question
Posted by: Engela | 2009/01/26

Thinz

Geagte

Hiermee sal ek net graag wil uitvind, ek was vir 5 jaar op Thinz en ek het gelooflik goed gelyk tot en met 6 maande gelede het ek ' n kg per week opgetel ek lyk en ek voel glad nie goed nie. ek kan maak wat ek wil ek verloor net nie gewig nie ek tel net op. ek oefen en eet so gesond as wat ek kan maar die vet plak net aan dit is asof elke ding wat ek in my mond sit net so aan my lyf gaan sit. wat gaan met my liggaam aan en wat moet ek doen?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Engela
Jy noem nie wat jy tans weeg in kg en jou lengte in meter sodat ek jou BMI kan bereken om te kyk of jy wel oorgewig is, al dan nie. Thinz is 'n aptytonderdrukker wat pseudo-epinefrien bevat. Hierdie bestanddeel onderdruk die aptyt, maar mens word besonder vinnig en maklik daaraan verslaaf en raak naderhand volkome afhanklik van hierdie verbinding. As jy wel oefen en gesond eet, behoort jy gewig te verloor sonder om van sulke verslawende pille gebruik te maak nie. Indien jy wel oorgewig is, kyk bietjie na een van die verslankingsdiëte op hierdie Webwerf. Probeer 'n lae-vet, hoë-vesel verslankingsdieet (kliek op 'Diet' bo aan hierdie bladsy, en dan op 'Weight loss' en 'The right approach' en 'Slimming Diet') en sorg dat jy elke dag ten minste 30 min se aërobiese oefening doen (touspring, hardloop, swem, fietsry, roei, ens).
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement