advertisement
Question
Posted by: Ets | 2011/01/19

Testosteroon Terapie

Ek het `n vraag of 2 na ek deur my huisdokter en sigiater op testosteroon vervangings terapie gesit is en ek is heeltemal te skaam om dit met hulle te besrpreek.

Geskiedenis:
Ek is `n 30 jaar oue man wat lei aan depressie.
Reeds gediagnoseer op 12.
Onlangs is daar is toe gevind na my gemoed net nie wou stabiliseer nie dat behalwe vir die standaard depresie ding ek ook `n gewelidige lae testosteroon vlak ontwikkel het.

Dosering:
Huidiglik is ek op 2Ml Depo Testosterone elke 3 weke.(3 maande)
60mg Cymbalta, 10 mg Depramil per dag.

Vrae:
1 Ek het altyd `n dik stel borshare maar die het baie dunner geword en minder. Sal die terapie dit weer moontlik herstel?

2 Wat van verdere harigheid soos rug en skaam hare, been en arm bv. kan ek verwag om half meer harig oor die algemeen te raak? Behalwe nou natuurlik op jou kop soos jy graag wil he agv " MALE PATERN BALDNESS"  wat moontlik kan gebeur.

3 Testikulere atrophie. Kan ek enige veranderings in die testes verwag op hierdie dosering? Weet nie of dit in my kop is nie maar ek kan sweer hulle word kleiner.

4 Dit klink dalk rerig soos `n simpel vraag maar body builders wat hormoon inspuitings kry word veral mee gespot oor die grote van hulle penisse. Is dit werklik `n effek wat ek kan verwag of net `n wolhaar storie?

5 Wat seks betref is my libido nog steeds baie laag en my orgasmes baie swak en my ereksies maar treurig. Is dit iets wat ek die dokters oor moet nader dat daar dalk `n doserings aanpassing gemaak moet word? Of dalk eerder antideprisante se newe effek?

Die gemoed ens. is nou baie normaal en uit eie mening wil ek nie verander aan iets wat werk nie. `n lae libido is meer hanteerbaar as `n sak en as depressie wat nie lig vir niks nie.

Ek sal u raad baie wardeer.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Ets
As jou testosteroon baie laag is, en jou aanvullings bring dit na normale vlakke, verwag ek dat jou lyfhare behoort terug te keer na normaal, en dat jy meer spiermassa sal ontwikkel. Jy sal glad nie verkleining van die penis kry nie, en die testis sal gewoonlik net krimp as jy meer testosteroon aanvulling gebruik as wat jou liggaam nodig het (die liggaam het 'n sisteem waar die brein die testis laat weet dat daar nou te veel testosteroon in jou bloed is, hulle kan maar ophou werk!) Die lae libido is waarskynlik 'n newe effek van jou anti-depressante - as jou testosteroon vlakke meer normaal is en dis nog steeds 'n major probleem, vra jou dokter of jy nie dalk kan oorslaan na 'n antidepressant wat minder libido steurings veroorsaak nie (daar is op die mark!).
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Anonymous | 2014/09/12

Hoe kom Moet jy n dokters brief nodig he vir tetestoroon toets

Reply to Anonymous
Posted by: Cyberdoc | 2011/01/19

Hallo Ets
As jou testosteroon baie laag is, en jou aanvullings bring dit na normale vlakke, verwag ek dat jou lyfhare behoort terug te keer na normaal, en dat jy meer spiermassa sal ontwikkel. Jy sal glad nie verkleining van die penis kry nie, en die testis sal gewoonlik net krimp as jy meer testosteroon aanvulling gebruik as wat jou liggaam nodig het (die liggaam het 'n sisteem waar die brein die testis laat weet dat daar nou te veel testosteroon in jou bloed is, hulle kan maar ophou werk!) Die lae libido is waarskynlik 'n newe effek van jou anti-depressante - as jou testosteroon vlakke meer normaal is en dis nog steeds 'n major probleem, vra jou dokter of jy nie dalk kan oorslaan na 'n antidepressant wat minder libido steurings veroorsaak nie (daar is op die mark!).
Dr Bets

Reply to Cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement