advertisement
Question
Posted by: Helena | 2011/11/07

Testes

Goeie mô re dokter

Miskien sal dokter onthou ek het ''n tydjie terug geskryf oor my verloofde se testes. Hy was in tussen tyd by die radioloog, wat hom weer na ''n uroloog verwys het.

Hy het " spatare"  in sy skrotum (ek dink dit word epididymus genoem). Die linker testes het onlangs, nog gelukkig net een keer, seer geraak. Ek het vir hom sitrus soda gegee en ''n warm water sak, asook Catoflam, net vir ingeval dit blaasinfeksie is. Maar die linker testes was die volgende dag nog sensitief, maar darem nie meer seer nie, en dit was ietwat opgeswel.

My vraag is, is epididymus gevaarlik vir ons wat graag wil kinders hê  en is dit iets wat met medikasie genees kan word, of operasie?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Helena

Dit kan wel jou man se vrugbaarheid beinvloed omdat dit die skrotale temperatuur verhoog en dus die vorming van sperms onderdruk. Jou verloofde kan 'n sperm telling laat doen om vas te stel hoe vrugbaar hy is.

Die spatare kan chirurgies verwyder word.

Groete





Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement