advertisement
Question
Posted by: Cee | 2008/12/01

Terugvoering vir Dok. Bets

Hi Dokter Bets,

Ek was vanoggend by die dokter ivm die brand gevoel. Blykbaar het die urine toetse teruggekom en wys geen infeksie nie. My bloedsuiker, cholestrol en skildklier is ook normaal. Hy het my aanbeveel om die premarin room vir 10 dae te gebruik en dit net in die aande aan te smeer. Intussen brand ek my in '  n koma in. Ek moet hom weer na tien dae gaan sien en as dinge dan nie verbeter het nie, wil hy my onder narkose sit en '  n kamera in my urienbuis opsit. Hy het ook die moontilkheid van inflammasie bespreek, maar kan '  n urien toets dit nie optel nie? Blykbaar is my estrogeen vlakke ook baie laag. Ek sien nie eintlik kans vir die hele kamera gedoente nie, want my finansies is klaar en ek is nie op mediese fonds nie.

Hy het ook voorgestel dat ek en my verloofde eers wag met seks.

Ai dok, nou voel ek weer terug op vlak een. As al die papsmere, bloedtoetse en urien toetse dan niks wys nie, hoe nou gemaak? En die probleem voel defnitief by my piepie gaatjie. Ek is al so moedeloos en huil onophoudelik.

Dankie dok vir die vorige raad en die mooi manier waarop dok die briefie geskryf het! Dit gee '  n mens werklik hoop om te hoor dat daar nog dokters is wat werklik omgee.
Boonop begin ek nog menstrueer ook oor tien dae en daaroor is my senuwees stukkend. My laaste menstruasie was 5 dae van hel. Ek weet nie meer wat om te doen nie dok. My onderklere bly ook die heeltyd nat. Dit voel asof my urine net eenvoudig uitlek. Ek stres so erg dat ek al paniek en angs aanvalle kry. Want hoe op aarde kan ek defnitief daar brand maar die toetse wys daar is niks fout nie? Party dokters het al voorgestel dat daar iets fout is met my kop, maar dit is defnitief nie die geval nie. Mens weet mos hoe en wat jy voel. Ek is 22 en dit voel asof my lewe verby is. Ek is '  n aktiewe meisie wat swem, dans en stap maar nou is ek ontneem van al die dinge wat my gelukkig maak. Dankie vir Dok se geduldige oor.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Cee
Probeer bietjie Brufen 400 mg of 2 Mypaids 3 x per dag drink as dit erg seer is, dit sal sommer ook die menstruasie bietjie ligter maak ( dit is nou mits jy nie allergies is vir enige bestanddele nie) Jy kan ook Remicaine jel daar smeer as dit erg brand - 'n paar keer per dag as dit nodig is.
Inflammasie kan mens nie optel met toetse nie. Ek dink dit is hoekom hy met die scope wil kyk want hy sal dit kan sien as jy binne in kyk. Probeer Biral 2 drie x per dag vir die stress, dra 'n pantyliner om die bietjie lek te absorbeer. Dit is dalk die moeite en die geld werd om 'n fisioterapeut te sien en haar te vra om jou te ondersoek vir pelviese spier spasma, dit is 'n skelm rede vir chroniese pelviese pyn.
Sien bv http://www.pelvicpainmatters.com/2008/09/urethral-burning-mystery-solved.html
Om te keer dat jy geld mors, vra die fisio of sy pelviese spier disfunksie kan behandel voor jy haar gaan sien of vra haar of sy jou kan verwys na iemand wat kan.
Sterkte
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement