advertisement
Question
Posted by: Beth | 2011/02/14

Terugvoering: Plantar Fasciitis

Hi,
Wil net terugvoering gee van my gesukkel om hulp te kry!
Het mos kortisoon inspuiting gekry vir die diagnose wat op MR gebaseer is, met geen verligting van die pyn. Einde ten laaste na `n ander ortopeed gegaan - baie verbaas oor die teenstrydige diagnoses en duur toetse wat gedoen is (flikkergram en MR, en hospitaal opname), maar geen gewone X strale nie!
Die gewone X Strale wys " `n baie prominente kalkaneus spoor" 
en op grond daarvan word die stuk vergroeiing Woensdag uitgesny. Maar daar is `n bykomende diagnose: Tarsale Tonnel Sindroom, wat die pyn langs my voet verklaar. Dit word ook herstel terselfdertyd.
Ek is so bang ek maak `n fout om aan my voet te laat sny, wil net weet wat is die sukses van sulke prosedures? Ek en die nuwe dr. vind mekaar nog, en ek is nog nie gemaklik genoeg om te ernstig navraag te doen nie!
Groete,
Beth

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Beth
Jy moet asb nie skaam wees om vrae te vra nie - dis tog jou voet! Baie mense het 'n kalkanius spoor wat nie noodwendig uitgesny hoef te word nie, maar as konserwatiewe behandeling nie werk nie is dit dikwels die laaste opsie. Sien ook http://www.foothealthfacts.org/footankleinfo/tarsal-tunnel-syndrome.htm
Jy mag maar vir jou dokter sê as jy eerder voel jy wil eers konserwatiewe behandeling probeer voor operasie. Enige operasie het voordele en risiko's en die dokter behoort jou van die moontlike risiko's te vertel voor jy gaan. Mens weeg maar altyd die risiko's op teen die voordele om die finale besluit te maak.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: cYBERDOC | 2011/02/14

Hallo Beth
Jy moet asb nie skaam wees om vrae te vra nie - dis tog jou voet! Baie mense het 'n kalkanius spoor wat nie noodwendig uitgesny hoef te word nie, maar as konserwatiewe behandeling nie werk nie is dit dikwels die laaste opsie. Sien ook http://www.foothealthfacts.org/footankleinfo/tarsal-tunnel-syndrome.htm
Jy mag maar vir jou dokter sê as jy eerder voel jy wil eers konserwatiewe behandeling probeer voor operasie. Enige operasie het voordele en risiko's en die dokter behoort jou van die moontlike risiko's te vertel voor jy gaan. Mens weeg maar altyd die risiko's op teen die voordele om die finale besluit te maak.
Dr Bets

Reply to cYBERDOC

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement