advertisement
Question
Posted by: Cornel | 2010/06/14

Terugvoering: Keel en Barrets en als

Hi Doc,

Ek het vandag bietjie raad nodig, maar eers sal ek vir Dokter moet terugvoering gee oor wat verlede week gebeur het... lang storie kort:

Ek het Internis gaan sien, Dr. Danheimer in Eugene Marais om na my hart te kyk (jaarlikse sonar, ens) omdat dit baie naby aan my werk en huis is. Toe kyk sy in my keel en sê  vir my dat daar beslis nie fout is met my hart nie, maar my keel is nie reg nie (bloed rooi gebrand en stukkend en my verhemelte en tong ook) en toe vertel ek haar van die Barret''s diagnose wat ek Nov. 2009 gekry het en wys vir haar die foto''s wat die Shirurg toe geneem het met Gastroskopie.

Ek drink nou al van NOv. 2009 elke aand 40mg Nexium en ek vrek van sooibrand deur die dag en het ''n baie swak eetlus ontwikkel a.g.v. ''n kroniese seer keel.

Wel ''n lang storie kort: ek was Vrydag vir ''n Gastroskopie en ''n Barium Xray en die Dokter sê  die probleem lê  nie in my sluk of maag nie, maar dat ek nou ''n ENT moet gaan sien en dat die Dokter wat my met Barrets gediagnoseer het, nie ''n clue het waarvan hy praat nie.

So okay, nou gaan ek 24 Jun na ''n ENT toe, maar intussen wil ek weet: moet ek nou aangaan en die Nexium drink? KOn die Nexium nie van Nov. tot nou al die suur-probleem so " gemasker"  het dat dit nou lyk of daar geen probleem is nie?

My stem raak hees, vir niks. Hoekom sal my keel so gebrand en seer wees as dit nie suur is nie? en moet ek aangaan met Nexium?

Dankie Doc.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Cornel
Sjoe dis nou moeilik want wie glo jy? Ek sou aangaan met die Nexium tot nadat jy die ENT ou gesien het. Mens kan natuurlik die suur toets deur 'n 24 uur esofageale PH toets, waar hulle 'n pypie deur jou neus ryg tot in jou slukderm wat vir 24 uur die ph toets - ek dink dit is bietjie onaangenaam maar sal defnitief wys of daar suur is of nie. Sienhttp://my.clevelandclinic.org/services/esophageal_ph_test/hic_24-hour_esophageal_ph_test.aspx
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Cyberdoc | 2010/06/14

Hallo Cornel
Sjoe dis nou moeilik want wie glo jy? Ek sou aangaan met die Nexium tot nadat jy die ENT ou gesien het. Mens kan natuurlik die suur toets deur 'n 24 uur esofageale PH toets, waar hulle 'n pypie deur jou neus ryg tot in jou slukderm wat vir 24 uur die ph toets - ek dink dit is bietjie onaangenaam maar sal defnitief wys of daar suur is of nie. Sienhttp://my.clevelandclinic.org/services/esophageal_ph_test/hic_24-hour_esophageal_ph_test.aspx
Dr Bets

Reply to Cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement