advertisement
Question
Posted by: Cornel | 2008-11-27

Terugvoering en raad

Hi Doc,

Vanoggend luister ek na Highveld en Jeremy aan die woord: “ I wish I was a car machanic and a Doctor brought his car to me. I want to put a disprin in the engine and tell him that his car should be okay now.”  Ek het so gelag vir dit.

Ek wens soms dat ons liggame soos karre was... ek het myne ingevat want sy sluk op 60km/h en die meganikus het haar reg gekry, sonder dat dit my ' n arm en ' n been gekos het.

Dis nou 7 maande na die operasie. Ek was mos Oktober weer by Dr. Blomerus: sonar (Graad 2 mitraal inkompetensie) 24holter (net die normale aritmie) Tilt (negatief vir POTS) maar op daardie stadium het ek nie erg vog-retensie gehad nie. Die behandeling in Wilgers die week voor dit (Lasix drup) het dit opgeklaar.

Maar sedertdien sukkel ek met vog-retensie. Drink nou al 2 1/2 maande lank die waterpille.

Ek wil net graag weet HOEKOM hou ek vog terug. In my lewe nog nooit hierdie probleem gehad nie. Ja, voor die operasie (en ek het gedink ek word net vet) maar dit was hartversaking a.g.v. ’ n vergrote hart en die laaste echo het gesê  my hart is terug na normale grootte. Hormone sal ’ n mens ook laat vog terug hou, maar ek dink nie vir 3 maande lank in ’ n ry en dan drink jy 2 waterpille per dag en dit verbeter nie!

My simptome vir die laaste +- 4 weke:
Needles en pins in my voete, bene, arms, hande
Spiere lam (bene en arms)
My stem wat sommer weg gaan terwyl ek praat en die kuggie
Duiselig
Moeg
Gewig wat op en af gaan... ondanks ' n baie gesonde dieet.

Ek het my GP gebel en gevra vir voorskrif “ Lasix”  en hy was verbaas om te hoor dat dit klaar is want die instruksie was “ drink soos nodig”  en toe vertel ek hom dat ek nogsteeds vog terug hou, ondanks die elke dag se Lasix 40mg en Amiloretic. Toe sê  hy dis nie reg nie en hy stuur herhalings-voorskrif vir 6 maande vir Lasix, maar as dit nie beter is nie moet ek hom kom sien. Ek weet as ek na GP toe gaan moet hy bloedtoetse aanvra en dalk Xrays van longe en dan gaan hy vir my sê  dat Blommie het my onlangs ondersoek en als is okay en hier is vir jou ’ n disprin, gaan druk dit in jou engin en kom sien my weer as dit nie beter gaan nie...

Ek het nie meer MSA in Discovery oor nie en ons betaal reeds aan R140 000 se mediese onkostes (Renaissance Medies wat gelikwideer is) ek kan nie nog ' n sent uithaal vir medies nie.

Help asb. dok......... is ek paranoid of is daar dalk iets fout met my " engin" ?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Cornel,
Mens hou vog terug oor twee redes, of die hart kry dit nie weggepomp nie, en dit bly in die weefsel agter, of jy het te min proteiene in jou bloed en dit veroorsaak dat vog van die are na die selle skuif. Ek dink nie jy het limfprobleme of diep veneuse trombose nie. Ek dink ook nie jy verloof proteiene deur jou niere nie, want hulle toets seker redelik gereeld jou nierfunksie met UKE bloedtoetse? Is jou kalium vlakke onlangs getoets? Die gedurige waterpille drinkery kan mens se kalium baie uitput en dit is weer sleg vir jou hart ( jy kannie wen nie, ne!) My raai is dat jou hart nog nie optimaal werk nie, of dalk kan hy net nie. Ek is amper seker die "gewig" wat so wissel is net vog en nie vet nie. Die ander simptome: Needles en pins in die arms hande bene en voete - kan neuropatie wees (senuwee probleme wat kan veroorsaak word deur diabetes of vit B tekort) of dalk weens die swelling is daar drukking op die oppervlakkige senuwees.
Spiere lam en duiseligheid - dalk kom daar nie genoeg sirkulasie deur die spiere en brein nie.
'n Kuggie kan teken van vog op die longe wees, die moegheid omdat jy dalk steeds in effense hartversaking is.
http://www.medic8.com/healthguide/articles/oedema.html
Ek wens ek kan meer help of vir jou 'n nuwe hartjie stuur vir Kersfees! Jy is nie paranoid nie.
Dr Betsd

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Really? | 2016-04-26

Can't believe I just read the comments. Really people? Fighting about to speak or leaning a language? Really? I'm Afrikaans and now not so sure to be affiliated with people that IDOLISE a language. People is sick or dying and you fight (like children) about a langauge. Really? Was it really needed? Can't we rather address real issues like grown ups, and move beyond a "so called dying" language? Anyway, thank you for the website and answer. Ps, Afrikaans is not dying. So chill and just live speak and love - it will grow more when people actually just njoy it. Remember fighting for an languge that will (and have not) fought for you, is sort of a deadend. So be wiser.

Reply to Really?

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement