advertisement
Question
Posted by: Cornel | 2009-09-22

Terugvoering

Hi Doc,

Ek was gister by Shirurg en hy het my gestuur vir ' n Buik en Bekken sonar.

Sonar uitslag:
Aorta: normaal
Pankreas: normaal
Lewer: normaal
Galblaas: Ek het 2006 cholesistektomie gehad.
1.7 x 2cm massa in portale area - - weet nie wat dit beteken nie
Niere en milt normaal.
Histerektomie - 2005 gehad
1 Ovarium follikel van 1.2 cm - - - dis mos ' n sist en sal vanself weg gaan?
Blaas normaal.

Ek moet Shirurg more weer gaan sien sodat hy die sonars/verslag kan lees en verder besluit wat om te doen.

Intussen is ek nogsteeds naar (4 weke plus?) en buikpyne en dit sal verligtend wees om net ' n oplossing daarvoor te kry. GP en Shirurg het ' n prominente breuk onder my naeltjie ontdek. Kan dit dalk die sondebok wees?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Cornel
Nee ek sal nie bekommer oor die sist op die ovarium nie. Die massatjie in die portale area is iets by die lewer. Hulle moet verder daarna kyk - kan dalk 'n sist of iets op die lewer wees. As die breuk 'n derm lus in het wat by tye vasgeknyp word kan dit naarheid en maagpyn veroorsaak. Laat weet my wat se hy?
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement