advertisement
Question
Posted by: Cornel | 2009/02/17

Terugvoer van Kardioloog-besoek

Hi Doc,

Ek het vanoggend vir Dr. Hunky gaan sien. Soos altyd was hy vreeslik deeglik. Hy het rustende EKG gedoen, hartsonar en behoorlik jellie gesmeer en van elke hoek en draai na die septums en hartkamers en EF (64%) gemeet en rykwydtes bespreek.

Hy is baie positief dat die Klepherstel ' n absolute sukses was en dat ek dalk nooit her-operasie nodig sal kry nie. Ek het basies net goeie nuus gekry dat als nog met tyd sal verbeter.

Ek is nou 10 maande post-op en hy het aan my ' n voorskrif gegee: ' n sak vol GEDULD aangesien hierdie post-op blues lank kan neem - en hoe lank is lank (hoe lank is ' n stuk tou???) maar dat alles sal normaliseer met tyd.

Die enigste vraag is nog net die pertinente rede vir die vogretensie en dit pla hom, maar die lig van die huidige PLEURITES waarmee ek nog sukkel, gaan hy kan nie op hierdie stadium Pulmonale drukking katerisasie doen nie. Dalk, as ek oor 6 weke van nou nie beter voel, dan kan ons PH gaan meet. Maar hy voel dat selfs die PH met tyd 100% kan reg kom en ek moet net GEDULDIG wees en my liggaam kans gee tot herstel.

So, vandag ek het baie waardevolle antwoorde gekry op ' n klomp vrae en is ek in meer as 1 opsig gerusgestel.

Nou nog net hierdie virus uit kry, dan sal ek beter voel.

Lekker aand

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hi Cornel
Dis sommer baie goeie nuus! Ek hoop jy raak gou van die virus ontslae - dit kan mens natuurlik vir 'n paar weke nog laat poegaai voel... weereens, geduld nodig en jouself nie te hard druk nie!
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement