advertisement
Question
Posted by: Cornel | 2008/06/24

Terugvoer: tagikardie en ander

Hi Doc,

Was vandag by GP. Sy het bloedtoetse aangevra:
CRP, VBT, PRO BNP. My pols is 98 en onreelmatig. BP 130/80. Sy het nou al 'n sticker "special investigation" op my file geplak.

Ek het nou al in die afgelope maand 2 kursusse antibiotika voltooi: Tavanic, Curam 1000mg en steeds voel ek lyfseer en jittery en sommer net nie lekker nie. Laaste CRP toets was 11,7 nadat ek paar dae al Curam gedrink het.

Ek sien EP Spesialis 4 Julie en hy wil my op Coralan begin, maar as ek nie sinus Tagikarie het nie (soos die laaste week die geval is) wonder of dit gaan werk.

Ek het opgelet dat my pols BAIE onreelmatig is, veral nadat ek iets gehad het om te eet (vrugte, soet goed, kos, enigiets) en veral in die aande en vroeg oggend. Sy beveel aan dat ek 48 uur EKG laat doen en ek sal EP daaroor vra.

Is daar 'n spesifieke aritmie wat geprikkel kan word deur iets wat ek eet? maak dit sin?

Baie dankie, soos altyd :)

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hi Cornel
Alcohol, kaffeien (soos in tee of koffie), efedrien, en baie sout kosse kan jou aritmie vererger. As jy geneig is tot lae bloedsuiker kan dit jou jittery laat voel as jy hoë GI kosse of baie soet goed eet. As jy ’n baie sensitiewe vagus senuwee het kan selfs net die kos wat afgaan in jou slukderm die vagus senuwee irriteer en jou aritmie vererger. (Hulle noem dit vagale aritmie) Probeer klein happies vat en kleiner maaltye meer dikwels.
Jy het dalk ’n virus – dit reageer nie op antibiotika nie en die liggaam moet dit maar self uitwerk!
Sterkte!
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: PW | 2008/06/27

Coralan is only effective for patients in sinus rhythm - it is not an anti-arrhythmic agent

Reply to PW

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement