advertisement
Question
Posted by: Cornel | 2009-03-31

Terugvoer op 1902

Hi Doc,

Ek wens inteendeel dat dit net ' n virus of elektroliet wanbalans of iets was waarvoor ' n mens ' n pilletjie kan vat en siedaar! simptome weg.

Tot dusver het ek al seker 6 keer 24 uur holter EKG' s gehad in die laaste 2 jaar vir min of meer dieselfde redes. Die laaste een wat Dr. Hunky gedoen het in Des. 2008 het dieselfde gewys: gereelde ectopic beats en PVC' s en PAC' s. Ek het al 5 verskillende beta-blokkers probeer en dan maak dit die QT intervalle net langer, maar herstel nie die ritme nie.

Tot dusver het ek net geweier om te luister na die opsie van ' n Pasaangeer. Toe die EP spesialis die ablasie in 2007 gedoen het, het hy 1 van 3 AV nodes vernietig. Daar is nogsteeds 2 oor, waarvan die ander ekstra een verskuil is agter my normale pasaangeer. Dus kan daardie ekstra AV node dalk nog ' n aritmie veroorsaak.

As iemand my more vra wil ek ' n pasaangeer insit, sal ek net te bly wees as ek ' n normale hartklop kan kry en ontslae raak van hierdie ou tjor wat so " back fire" .

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hi Cornel
Ek kan onthou jy was bang vir 'n pasaangeer, maar miskien moet jy dit tog oorweeg, dis nie 'n lekker prosedure as hulle dit in sit nie, want mens is wakker en dis soos 'n angiogram, en die battery hou net 10 jaar dan moet mens weer 'n ander ene laat inplaas (darem net onder die vel) maar miskien "verdien" jy nou een! Hoor wat sê jou kardioloog?
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement