advertisement
Question
Posted by: Martie | 2009-01-23

Terugvoer oor lyfseer en moegheid

Ek plaas weer soos versoek:
Hallo Doc
Ek het '  n maand of wat gelede vir Doc geskryf oor my lyfseer en moegheid. Ek kon eers '  n afspraak by '  n internis kry vir April, toe gaan ek maar terug huisdr toe. Hy het bloedtoetse gedoen en ek het ystertekortanemie. Ek het vandag begin met die eerste van '  n reeks ysterdrips wat ek nou moet ontvang, en hy het ook ysterpille voorgeskryf. Ek hoop dit werk.
Groete
Martie
Ek paste ons vorrige korrespondensie hieronder:

Hallo Dok.
Ek is '  n 34j vrou. My liggaam pyn verskriklik, veral my skouer, arms en hande en soms ook voete. Ek is ook tot die dood toe moeg. Dit hou nou al maande aan. Ek was '  n week gelede by my huisdokter - hy het gesê  dat ek '  n klomp infeksies het, onder andere blaasinfeksie en sinus infeksie. Hy het my '  n Voltaren inspuiting gegee op antibiotika geplaas en Gericomplex voorgeskryf. Dis nou '  n week later en my liggaam is steeds net so seer en ek is steeds dood moeg. Gaan ek vir die res van my lewe met die vreeslike pyn moet saamlewe?
Date: 21/12/2008

Subject:
Posted by: Cyberdoc
Message:
Martie

Dankie dat jy health24.com besoek het.

Ek stel voor dat jy '  n afspraak by '  n internis maak. Dit is baie moontlik dat jy '  n outo-immuun siekte het, soos rhumatoiede artritis, veral in die lig van gewrigspyne. Daar is '  n reeks bloedtoetse wat gedoen sal moet word om presies vas te stel wat die oorsaak van jou simptomes is.

Verwittig my asb van jou uitslae.

Groete




Dr Anrich Burger
Date: 21/12/2008

Date: 22/1/2009
Posted by: Cyberdoc
Message:
Hallo Martie
Ek is bly dit word nou behandel! Sal jy asb omgee om jou antwoord more weer te plaas - Dr Anrich werk op Vrydae tot Sondae en hy sal nie jou antwoord vandag sien nie?
Dr Bets
Date: 22/1/2009

Date: 23/1/2009

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Martie

Dankie vir jou terugvoering. Onthou dat ystertekort anemie 'n simptoom is en nie 'n diagnose nie. Vra daarom jou dokter wat die oorsaak van jou anemie is.

Groete




Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement