advertisement
Question
Posted by: Gesiggie (Cornel) | 2010/09/30

Terugvoer: Internis besoek

Hi Doc,

Ek het gedink ek sal Dinsdag-middag na die GP se Spreekkamers bel en vra dat hy ''n Internis " uitkies"  (hy het Dr. Jaqueline Smit voorgestel) in Eug. Marais wat maar sentraal vir my is en dalk kan hy eers die bloedtoetse vir die Internis stuur en met haar praat en eers hoor of sy dink dis nodig vir opname en dit so reel vir Woensdag?

Ek het afskrifte van alle toetse vandat my Mitraal-klep in 2008 ingegee het, tot nou toe alle verslae en foto''s en als wat ek kan kry sal ek dan kan saam neem. Ek dink ook dat al die toetse wat ek al die afgelope 2 jaar laat doen het, selfs al was dit normaal, sal ''n totale prentjie kan skets.

Is ek nie bietjie jonk vir iets soos Lupus of rheumatoid artritis nie? Ek is 35. Die Internet is scary en ek het probeer sin maak uit als, terwyl ek nog nie weet wat werklik aangaan nie, maar ek is maar eintlik dom as dit hierby kom.

Dankie Doc.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Cornel
Moenie nou bobbejane agter die bult gaan haal nie! Ek dink dis 'n goeie idee om al die bloedtoetse (normaal of nie) en ander toetse se uitslae vir haar te gee om na te kyk. Ek ken nie vir Dr Smit nie, maar as jou GP vertroue in haar het is dit goed genoeg!
Lupus en RA kan mens selfs in kinders kry, ouderdom het niks daarmee te doen nie, maar wag eerder vir behoorlike diagnose voor jy begin worry daaroor! Sterkte
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement