advertisement
Question
Posted by: Gesiggie (Cornel) | 2010/10/12

Terugvoer en vrae

Hi Doc,

Ek was verlede week by ''''n Internis. Hy het baie bloedtoetse, ens. gedoen vir Lupus of ander bindweefsel siektes en sonar van my nek en skildklier (baie klein kliertjies in nek wat geswel is) geen probleem gekry nie. Klinies kon hy sien dat ek met ''''n kroniese rooi gebrande keel sukkel en het my na Gastroentroloog verwys. Gastro-doc het Gastroskopie gedoen asook 24uur impedansie studie.

Ek het 2 Gastro inlet patches reg onder my keel, op my sluk. Asook Barrets aan die onderkant van die sluk. Die impedansie studie het gewys dat ek 45 keer in 24uur reflux kry. En reflux van die patches af gedurende die dag, wanneer ek regop sit en snag, as ek slaap en dan het ek nie later as 19h00 geeet of gedrink nie en hospitaal bed is mos maar nie plat nie. By die huis slaap ek ook taamlik op baie kussings.

So, dus maak dit sin! dis hoekom ek die heeltyd die reflux in my keel voel en nie so erg van my maag af nie.

Die biopsie-verslag het teruggekom. Hy het getoets vir H.Pylori en dit was negatief.

Die probleem is net dat die Nexium wat ek drink, oggend en aand, gaan maag toe en werk nie met die patches nie en dis EINTLIK waar my grootste probleem is.

Sal dit help as ek met Zantac gorrel? Is daar enige manier om van die patches ontslae te raak aangesien my keel en stem my grootste klagte die laaste jaar is? Ek kan nie dink dat medisyne vir die res van my lewe moontlik is nie, veral duur goed soos Nexium (die Altosec behandeling van die vorige jaar het niks gehelp nie).

Is daar ''n manier om die patches af te haaL?

Baie dankie.


Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hi Gesiggie
Nexiam sal ook op hierdie patches se selletjies werk want dit is maagslymvlies wat net op 'n verkeerde plek groei! Mens kan nie daarvan ontslae raak tensy hulle dit verwyder sjirurgies nie? Wat sê die gastroenteroloog is sy plan?
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Cyberdoc | 2010/10/12

Hi Gesiggie
Nexiam sal ook op hierdie patches se selletjies werk want dit is maagslymvlies wat net op 'n verkeerde plek groei! Mens kan nie daarvan ontslae raak tensy hulle dit verwyder sjirurgies nie? Wat sê die gastroenteroloog is sy plan?
Dr Bets

Reply to Cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement