advertisement
Question
Posted by: Cornel | 2008/09/22

Terugvoer en navraag

Hi Doc,

Ek was toe Maandag na nuwe Kardioloog met al my verslae en toetse. Simptome: vog-retensie (gesig, maag, hande, bene), kort asem met geringe inspanning, borspyne rustend, hartkloppings en onreelmatige hartklop, duiseligheid.

Kardio se diagnose: Pulmonary Hypertention. Hy is van mening dat ons te lank gevat het om my Klep-defek reg te maak en dat ek nou PH het. Ek het op daardie stadium nie genoeg inligting daaroor gehad om stellings te maak of vrae te vra nie, maar nou, na die tyd het ek gaan nalees oor PH en dit klink erg! Hy het in elkgeval net met sy Stetoskoop geluister en tot daardie gevolgtrekking gekom. Hy het Dobler sonar gedoen en die kleppe almal mooi bekyk en daar is geen probleem. Ek is 4 dae later ontslaan met ADCO-RETIC en CARDICOR en ek moet hom weer oor 2 jaar kom sien...

Dit klink net nie vir my reg nie... sal graag wil hoor wat Dr. Bets daarvan dink.

Iets baie interessant het ook daar gebeur. Ek het ' n dingetjie op my linker been al van Julie 2007 af (ek was Julie 2007 behandel vir Infektiewe Endokarditis, maar na 2 weke op IV antibiotika kon hulle nie vegetasies met TEE kry nie). Dit het vir ander dokters en vir my gelyk soos ' n ontsteekte haar-folicle en ek het nooit na ' n Dermatoloog toe gegaan nie. Terwyl ek in Hospitaal was het Kardio ' n Dermatoloog gevra om daarna te kyk. Dermatoloog se diagnose: septiese vaskulitis (waarskynlik streptococcus) en hy het dit die volgende aand in Teater verwyder en weggestuur vir Biopsie.

Dit voel vir my asof ek eintlik Hospitaal toe gestuur was om hierdie dingetjie uit my been uit te laat verwyder en dat ek nie antwoorde of oplossings op my eintlike probleem gekry het nie.

Ek het nou al in die afgelope 7 dae bykans 5kg verloor (alles vog-retensie) maar het nog steeds vog in my arms, bene, maag. (Ek is 1,67m en weeg nou 69kg). Ek voel absoluut energieloos en my hartklop het al die Hospitaal gestyg van 71 (met opname) na gemiddeld 100, vandat ek die Adco-Retic begin drink het. Ek het nog nie begin om die Cardicor te drink nie (is ' n duur item en medies uitgeput).

Kan Dok dalk help?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Cornel
Cardicor is 'n beta blokker - bel hom en hoor of daar nie 'n goedkoper generiese een is wat jy kan gebruik nie - dit sal jou hart spoed afbring. Pulm hipertensie word gediagnoseer met 'n CAT scan, longfunksie toetse, Ekg en angiogram - het jy nie al al hierdie goed klaar gehad nie?
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement