advertisement
Question
Posted by: Cornel | 2009-09-14

Terugvoer: buikpyne

Hi Doc,

Dankie vir die raad. Ek het die stuk gaan lees oor " abdominal megraines"  maar dis nie tipies van my simptome nie.

Ek het intussen weer my GP gaan sien aangesien ek nou al vir 3 weke kronies naar is en nogsteeds die buikpyne/blaaspyne kry. Lentogesics en Clopamon verlig nie pyn en naarheid nie. Hy het nou Stemitil voorgeskryf en my na ' n Algemene Shirurg verwys vir ' n moontlike Barium-toets, sonars en Gastroskopie. Met GP se fisiese ondersoek het hy iets in my maag (onder my naeltjie) ontdek wat vir hom aanduiding gee van ' n moontlike breuk? Ek het 2 keisers en Hist gehad - dalk het hulle iewers iets vasgewerk of mis gewerk? Die buikpyne het die 1ste keer voorgekom so ' n paar maande na my 1ste keiser (2003) en van daar af kronies. En hy is nogsteeds oortuig daarvan dat die pyne dalk deur Kroniese Blindederm veroorsaak word.

Die borspyne wat ek so aan en af kry (ek het gedink dis nog sternum-ongemak) en ongemak in my keel/kakebeen kom dalk van my Mantelvliesbreuk af en ek het NEXIAM daarvoor gekry. Kan dit dalk die naarheid veroorsaak???

Ek sal terugvoering kom gee sodra ek Shirurg gaan sien het.

Ek gaan nie sommer net aan my laat sny nie. Ek wil darem net eers bewyse hê  dat dit breuk of Blindederm is.

Tot later,
Lekker dag.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Cornel
Terugstoot van gal in jou maag in kan naarheid veroorsaak. Ek dink ook dit is beter dat jy eers die sjirurg sien voor jy sommer onnodig laat sny. Laat weet my?
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement