advertisement
Question
Posted by: Gesiggie | 2010/07/29

Terugvoer: Besoek aan Prof Hein vd Walt

Hi Doc,

Ek was toe gister vir my Gastroskopie by Prof. Hein van der Walt (Unitas). Hy is nie eens oud nie (het regtig ''n ou toppie verwag met die dat hy so bekend en gesog is en nogal ''n Prof). Ek dink hy is dalk nie eens in sy 50''s nie, maar vreeslik aangenaam en deeglik. Nadat hy die Scope gedoen het, het sy Tegnoloog ''n Manomatrie gedoen (jig) en toe ''n 24 uur PH toets, wat ek vandag terug geneem het. Ek dink dat die PH toets tog baie inligting sal gee wat sal nodig wees om die korrekte medikasie vir my te kry. Volgens die vorms wat ek ingevul het is die PH en manomatrie ''n pre-op prosedure en daaraan wil ek nie nou eens dink nie.

Die PH pypie was terrible en dit was ''n verligting om dit vandag uit te haal. Dis baie ongemaklik om te drink en te eet en normale aktiwiteite te doen met die monitor en pypie-innie-neus en keel.

Ek kon met tye sien hoe die PH gedaal het tot 1, maar die tye wat hy wel so erg gedaal het was 60min+ nadat ek iets gehad het om te eet en dis episodes wat ek ook erge sooibrand en borsongemak ervaar het.

Ek sal laat weet wat uitslae was as ek Maandag weer van die Prof hoor.

Groete,
Cornel

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hi Cornel
Ja nee, die toetse is goor - maar dit is nie noodwendig dat dit sal lei na operasie nie. Hulle sal verseker eers met medisyne probeer behandel. Sal graag wil hoor wat se hy Maandag
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

9
Our users say:
Posted by: Anonymous | 2016/07/07

Goeie naand Ek het al 4 hernia operasies gehad waarvan 2 gedoen is deur Prof. Alles het goed verloop, alhoewel ek "dumping sydrome" oorgehou het. Dit gaan vir die laaste 3 jaar baie goed maar ewe skielik (ongeveer 2 maande) kry ek weer sooibrand nes in die verlede waar pyn weer in rug en bors is. Nou het daar n nuwe probleem kop uitgesteek. Ek ondervind n skel pyn in my regter kantste blad wat my nogal na my asem laat snak en dit voel of dit in my arm afgaan en lam maak. Ek ondervind dit meestal na etes. Ek het probeer gaan oplees en meestal verwys dit na longe. Ek rook gladnie en was ook gladnie onlangs siek nie.

Reply to Anonymous
Posted by: Isabel | 2016/03/19

Goeie naand dr Ek het vir d afgelope week teer en druk seer oor my maag. Voel sommer pap en kry selfs seer indien ek hoes, nies, winde passeer. Pyn oor my lae buik en meer links. Maak n erge steekpyn wat my na my asem laat snak. Elke nou n dan ook n eienaardige gevoel oor my blaas so asof iets swaars binne in my blaas val. As ek gaan sit voel dit ook of iets v onder af in my opsteek. Ek het n geskiedenis v divertikulitis en is ook op antibiotika huidiglik. Ek wil graag weet of d blaas en kolon dalk verband kan he met mekaar. Kan dit dalk obstruksie of verdraaiing vd derm wees. Moet dalk net sê, ek het 6weke terug n rug operasie gehad, so ek lê nog heelwat. Het geen probleme hoegenaamd gehad met d funksionering vd derm nie in d tyd nie. Kan u my dalk help met n goeie gastroenteroloog in Pretoria

Reply to Isabel
Posted by: Anonymous | 2016/03/02

Goeiedag. My man het lewersiekte. Hul het sy galblaas uitgehaal en daar het probleme gekom. Die staples het losgekom. Hul moes hom sny en flush. Hyt 'n breuk opgedoen en is weer gesny en 'n mesh is ingesit. 'n CT Scan is gedoen en sjiruge se hul kan nie die kans waag om aan hom te sny nie want al sy binnegoed is gekompakteer binne-in sy buik. Hy is meer siek as gesond. Lyfseer, kouekoors, eet nie, is naar en raak so moeg dat hy skaars kan loop, hy vergeet en verdwaal soms en is vreeslik geirriteerd. Is daar iemand wat hom sal kan help.

Reply to Anonymous
Posted by: Erika | 2016/01/19

Does anyone have an email address for the good doctor? I have been referred to him (my daughter has a hiatal hernia) and I want to ask him some questions. Thank you

Reply to Erika
Posted by: Anonymous | 2015/10/28

The kind doctor should manage his bookings more effefficient way as sitting in the waiting room for four hours is not acceptable

Reply to Anonymous
Posted by: Anonymous | 2015/10/28

The kind doctor needs to manage his bookings in a better way as sitting in the waiting room for four hours is unacceptable

Reply to Anonymous
Posted by: Anonymous | 2014/06/14

Ek het al verskeie kere die kamera gesluk en hulle het gese ek het 'n 5cm skeur by my mantelvlies breuk. Ek is al 15 jaar op medikasie en op die oomblik op 40mg Nexiam per dag. Die laaste paar jaar sukkel ek vreeslik met naarheid, Dis die afgelope weke weer so erg. As ek 2 keer per dag Nexiam drink maak dit geen verskil. Dink u die naarheid hou verband met die mantelvlies breuk. Ek is moedeloos en my huis dokter weet ook nie hoekom ek so naar is nie. Ek doen gereeld blaas infeksie toetse en dis ook nie dit nie. Ek sal net eers wil weet wat veroorsaak my naarheid voor ek die operasie moontlik doen. Kan u my raad gee na watter spesialis ek kan gaan om uit te vind wat hierdie naarheid veroorsaak wat my lewens gehalte beinvloed of is die kanse goed dat dit wel van die mantelvlies breuk af kom. Ek kry elke dag sooibrand en kan dus nie sonder Nexiam nie, Soms drink ek Gaviscon addisioneel.

Reply to Anonymous | 1 comment (hide)
Posted by: Lettie | 2014/07/24

Hi, ek het ook gegaan vir die Nissen klep en mantelvliesbreek operasie, na dit was ek so naar vir weke, ek het Dr vd Walt gebel en hom weer gaan sien, weer die kamera gedoen en niks fout gekry nie, toe doen hy n sonar, daar sien hy toe ek het galstene ek is weer opgeneem en my galblaas verwyder, geen probleme weer gehad nie. Hoop jy voel beter.

Posted by: Cyberdoc | 2010/07/30

Hi Cornel
Ja nee, die toetse is goor - maar dit is nie noodwendig dat dit sal lei na operasie nie. Hulle sal verseker eers met medisyne probeer behandel. Sal graag wil hoor wat se hy Maandag
Dr Bets

Reply to Cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement