advertisement
Question
Posted by: Gesiggie (Cornel) | 2010/11/18

Terugvoer

Hi Doc,

Baie dankie weereens vir Doc se hulp. Ek het die Gastro-doc gebel: in Muchen doen hulle nog toetse op ''n trial-basis om vas te stel of Ablation moontlik ''n oplossing kan wees. Dis nog nie suksesvol eers daar nie en in Suid-Afrika het hulle glad nie die tegnologie om dit te brand, verwyder nie.

Uit die studie wat gedoen is het hulle 6780 mense met Gastroskopie getoets en slegs 68 was positief vir GIP''s (gastric inlet patches). Dus is dit baie skaars. En bitter min mense is simptomaties.

Hy sê  hy is net so gefrustreerd soos ek omdat ek duidelik op die impedant studies kon sien hoeveel reflux die patches my daagliks gee. Die Nexium werk nie daar nie en daar is niks anders behalwe om te wag en te kyk vir nuwe " medical advances"  nie.

Ek het nie besef dat ''n mens se sluk net so breed soos jou duim is nie! Hulle kan dus nie daar peuter en brand en probeer herstel nie! Dis skokkend is nogal teleurstellende nuus. Maar ek sal moet leer om net met my probleem saam te leef en die Nexium te drink om die onderste deel van my sluk, wat reeds Barrets het, te beskerm teen erger skade. Maar die patches is hier om te bly.

Ek raak net bekommerd as ek dink wat die voordurende reflux aan my stembande doen en dat ek permanente skade daarop kan kry, en daar is nie veel wat ek daaraan kan doen nie. En dan vra ek myself af of ''n mens dan Barrets daar kan ook ontwikkel?

Dankie Doc,

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Gesiggie
Nee Barrets is net in die slukderm. Dit mag dalk jou stembande laat swel, of nodules mag ontwikkel agv irritasie maar mens moet dit maar net dophou. Sterkte!
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Cyberdoc | 2010/11/18

Hallo Gesiggie
Nee Barrets is net in die slukderm. Dit mag dalk jou stembande laat swel, of nodules mag ontwikkel agv irritasie maar mens moet dit maar net dophou. Sterkte!
Dr Bets

Reply to Cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement