advertisement
Question
Posted by: Gesiggie (Cornel) | 2010/10/13

Terugvoer

Hi Doc,

Die Gastro-doc wil 6maandliks gastroskopie doen om te kyk na Barrets selle en seker maar die patches ook. Die patch storie is blykbaar nie baie algemeen nie en dis selde wat hulle iemand teekom wat soveel simptome van die patches kry. Hy stel voor dat ek ''n manier kry om die Nexium in my keel te laat oplos en dan te sluk sodat dit op die patches sal werk? Dis net nie regtig prakties uitvoerbaar nie. Hy het ook voorgestel dat ek vir die ENT my verslae wys en hulle het ''n goeie werksverhouding en ENT sal saam met Dr. Steyn kyk of hulle iets kan doen.

Die ENT se scope wat hy gister gedoen het wys baie skade aan my vocal cords en hy is bang dat ek op ''n stadium nodules daar gaan kry en dalk permanente skade op stembande opdoen.

Dit klink vir my asof ENT dink dis moontlik om shirurgies die patches met ablasie, lazer of selfs shirurgie af te haal - maar ek is baie bang daarvoor en dit klink vir my asof daar net te veel risiko''s is aan die sluk-operasies. Ek sal eendag my maagklep moet laat herstel aangesien dit die Barrets veroorsaak het, maar die patches is heeltemal iets nuuts vir my en ek dink die Dokters ook. Hulle klink so half besluitloos en onseker. En ek dink beide is baie goeie Spesialiste.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hi Cornel,
Ja dit is eintlik 'n skaars toestand wat jy het! Vroeg in 2011 gaan hulle Nexium in 'n poeier vorm vrystel wat dan makliker sal wees om te gebruik. So ver ek weet werk Nexium egter nie noodwendig met direkte kontak met die maagslym vlies nie, maar deur die bloedstroom, (hulle gee bv Nexium met 'n drip vir pasiente in ICU om maagsuur te onderdruk)so dit behoort te werk op die patches al drink jy pille?
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Cyberdoc | 2010/10/14

Hi Cornel,
Ja dit is eintlik 'n skaars toestand wat jy het! Vroeg in 2011 gaan hulle Nexium in 'n poeier vorm vrystel wat dan makliker sal wees om te gebruik. So ver ek weet werk Nexium egter nie noodwendig met direkte kontak met die maagslym vlies nie, maar deur die bloedstroom, (hulle gee bv Nexium met 'n drip vir pasiente in ICU om maagsuur te onderdruk)so dit behoort te werk op die patches al drink jy pille?
Dr Bets

Reply to Cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement