advertisement
Question
Posted by: Cornel | 2009/11/16

Terugvoer

Hi Doc,

Sjoewie, soveel het gebeur. Ek was die 9de Nov (yip, vandag 1 week gelede) in vir die Sternotomy. Die Shirurg het die been mooi skoon gemaak van al die ou weefsel ontslae geraak en als weer mooi gebind en toegewerk. Die Internis wat ek so ' n paar weke gelede gaan sien het oor my stem wat hees raak en kroniese naarheid, het ' n Gastroskopie laat doen, ' n paar minute voor Shirurgie. Die uiteinde: ek het Barrets Esofagitus a.g.v. my maagklep wat nie werk nie (LES disfunksie). 3 maande gelede het my GP my met IBS gediagnoseer omdat hy nie ' n ander rede kon kry nie. So tenminste weet ek nou hoekom my stem so hees raak.

Later die week het ' n Hematoloog-Gastroenteroloog my kom sien en ' n asof dit nie genoeg was nie het hulle ' n Manomapatrie (pyp deur die neus tot in die maag-toets) laat doen net om die Barrets te bevestig. Die aakligste ondervinding ooit! Maar die dokter was slim en het ' n ekstra bloedtoets aangevra: Cortisol en Bynierfunksie. My Cortisol vlak: 155 (laag) en ' n ATCH toets is die volgende dag gedoen.

Ek sal die Gastro-dok Vrydag gaan sien oor die uitslag van die ATCH toets. Hy vermoed ek het Addisons?

Sal Doc op hoogte hou.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Aarde Cornel - dit moes nou maar nie 'n aangename hospitalisasie gewees het nie - maar gelukkig is alles behandelbaar. Voel die borsbeen nou OK?
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: cyberdoc | 2009/11/16

Aarde Cornel - dit moes nou maar nie 'n aangename hospitalisasie gewees het nie - maar gelukkig is alles behandelbaar. Voel die borsbeen nou OK?
Dr Bets

Reply to cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement