advertisement
Question
Posted by: Cornel | 2009/09/26

Terugvoer

Middag Doc Anrich,

Ek het so ' n rukkie terug ' n navraag gehad oor die abdominale pyne/buikpyne wat ek kry, asook naarheid vir meer as 4 weke. Eers was chroniese blindederm vermoed, maar bloede (VBT, ESR en CRP) was normaal. Pyne duur voort asook naarheid.

My geskiedenis: Ek het 2 keisers asook abdominale Histerektomie gehad en Cholestelektomie.

My GP het my intussen verwys na ' n Shirurg, aangesien hy ' n duidelike breuk in my buik kan voel. Shirurg beaam breuk, maar het sonars aangevra. Sonar wys 2cm massa in portale area (direk van die verslag) en ' n CT scan het dit bevestig. Ek sien Maandag die Shirurg maar voel bietjie angstig oor wat hulle gekry het en hoe verwyder hulle dit?

Die volgende staan op die CT verslag:
1.7cm x 2cm massa in portale area
Uitgebreide fekale belading wat die hele kolon betrek.

Wat beteken dit?

Baie dankie vir die wonderlike guns wat u en Dr. Bets vir ons doen.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Cornel

Ongelukkig sal ons nie kan bepaal wat die massa is voor dit laparaskopies gevisialiseer word nie. Die fekale lading dui op chroniese hardlywigheid en swak motoliteit (beweging) van die kolon. Dit kan veroorsaak word deur fibrotiese bande, as gevolg van vorige abdominale chirurgie.

Ek stel voor dat jy geduldig wag tot alle toetse gedoen is.

Sterkte


Groete




Dr Arnich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement