advertisement
Question
Posted by: Cornel | 2009-08-18

Terugvoer

Dankie Doc,

Ek het begin koors kry, seer hoes en my sinus het in geel/groen verkleur. Toe gaan ek maar GP toe. Ons het onlangs verhuis en ek moes ' n nuwe GP gaan soek, maar het werklik op ' n oulike een afgekom. Hy is seker so diep in sy 50’ s, maar jy kan sien hy vat nie nonsens nie. Toe ek my vorms invul en by die plek kom van “ vorige operasies” , toe handig ek net my “ mediese geskiedenis”  verslag in wat ek opgestel het en sover vir al my dokters gegee het. Van my 1ste keiser en al die ops, tot nou. Toe ek by die ondersoek tafel kom, toe sê  ek vir hom hy hoef nie te worry oor my pols nie, ek weet dis onreë lmatig en verras ek hom toe met al my “ mediese kennis”  en termonologie van PSVT en PAC’ s en PVC’ s en toe ondersoek hy net my keel en bors/longe. Geen onnodige toetse of iets nie, hy kon sien ek is in beheer van my gesondheid.

My hart hou net nie van virusse en goed nie, want dan is die hartkloppings en onreë lmatigheid erger. Die Dok sê  dat hy nie ' n gedruis hoor nie, wat beteken my klep lek nie meer nie of as hy wel lek is dit baie gering.

Ek het antibiotika gekry en voel sommer al klaar beter.

Lekker dag en sterkte met al die siekes :)

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Cornel
Dis goeie nuus as dit klink of die lek beter is! Hou maar net die infeksie goed dop, as die koors en goed nie beter word met behandeling nie, gaan eerder vroeer as later terug vir opvolg ondersoek. Jy moet maar lig loop vir die varkgriep so wees eerder oorversigtig.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: thoftKaffoofe | 2009-08-30

Reply to thoftKaffoofe

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement