advertisement
Question
Posted by: Cornel | 2009/04/02

Terugvoer

Hi Doc,

Ek kom nou net weer uit Unitas uit. Dr. Blommie het weereens ' n 24 uur holter gedoen. Die aritmie kom uit my ventricle uit. Volgens Blommie is daar nie ' n manier wat ' n mens dit met Ablasie kan reg maak nie, omdat dit in die ventricle is en ' n pasaangeer sal als net vererger en nie die aritmie beheer nie. Hy het my nou op CORDORONE geplaas (aanvangs dosis vir 1 week: 600mg per dag, daarna 400mg per dag vir ' n week en daarna 200mg per dag).

In die afgelope 2 jaar het ons nou al TAMBOCOR, CARDICOR, CONCOR, RITHMOL en SOTACOR probeer en geen een van die beta blokkers kon die ritme reg kry nie. Die Ablasie wat in 2007 gedoen is, was ' n AV node.

Ek het die pamflet gelees en die effek van Cordorone klink skrikwekkend, maar blyk die enigste ander opsie te wees.

So, nou is dit maar Cordorone vir ' n paar maande. Ek sal Julie weer na Blommie toe gaan en dan kan ons kyk na Skieldklier en ander funksies en of dit gewerk het.

Enige woorde van wysheid asb.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Cornel
Ek stem saam, die pamflet kan mens soms bang maak, onthou maar net dat al die newe effekte wat al die pasiente ooit op Cordarone gehad het daar op gedruk word, en dat meeste mense maar min daarvan kry. Gee dit 'n kans!
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement