advertisement
Question
Posted by: Cornel | 2009-01-06

Terugvoer

Hi Doc,

Voorspoedige nuwe jaar! Ek hoop Doc het lekker uitgerus.

My 2008 moes vir oulaas dramaties wees sodat my 2009 voorspoedig kan wees. Ons het Kersdag terug gekeer van ‘ n kuier by die familie en die 26ste het ek wakker geword met ‘ n spoelmaag en baie kort asem. Selfs klein takies soos bed-opmaak was skielik ‘ n uitputtende storie en ek het selfs rustend kort-asem gevoel. Gedurende die nag het ek brandende borspyne ontwikkel en myself met Coxflam en Trepeline en Voltaren gedokter, maar ek kon net nie ontslae raak van die knaende borspyne en kort-asem gevoel nie. Ek het selfs die Lasix gestaak omdat ek oortuig was daarvan ek is besig om te dehidreer. Wel, om ‘ n lang storie kort te maak, ek is vroeg die 28ste gou in Medi Clinic toe, ‘ n EKG is gedoen en toe bestel die Dokter sommer ‘ n Ambulans om my Unitas toe te vervoer. Ek het ‘ n paar dae eers in die CICU spandeer en later is ek na ‘ n algemene saal. ‘ n nuwe Kardioloog het my behandel (ek noem hom graag Dr. Hunky) en gou die diagnose gemaak: bloedklonte in die Ventricle (Doc sal beter weet maar die QT golwe in die Ventricle was omgekeerd en dit het die aanduiding gegee dat daar iets fout is). Hy het na al my simptome geluister en begin toetse aanvra. Bloedtoetse, Gastroskopie, MRI en “ nerve conduction” , stress EKG en a.g.v. te veel EKG veranderinge het hy die 31ste ‘ n Angiogram gedoen. Behalwe vir my I.K. het hierdie Cardio alles ondersoek en getoets: van die needles en pins gevoel in my hande/bene van tyd tot tyd –  my linker hand word soms blou (ek het in totaal 5 werwels van my nek tot lae rug wat degenereer), tot die brand pyn wat ek soms in my maag het (maag sere waarvoor ek nou op Nexiam is) en die Angiogram het skoon are opgelewer (al is my totale Cholestorol 9 –  familie kwaal) en hy het vasgestel dat my Aorta klep effens lek en die Mitraalklep waarop hulle 9 maande gelede gewerk het is Graad 2 inkompetensie.

Die enigste toets wat hy nie gedoen het nie was die Pulmonale drukke (wat die kort-asem en vogretensie sal verduidelik) en daarvoor het hy gevra dat ek oor 3 maande terug kom. Dis blykbaar amper soos die Angio, behalwe hy moet ‘ n Veneuse aar gebruik.

Ek het nie regtig tyd in my lewe vir Hospitale en toetse, ens nie, maar ek is nou op 40mg Lasix 2x per dag en as ek dit vir 1 dag lank nie drink nie, gaan my stem weg en dis blykbaar tekens van vog op die longe? En ek kan nie dink dat ek langtermyn op Lasix kan bly nie. Ek is nou eers 33 en nie 83 nie!

Iets skrikwekkends wat ek net vir Doc wil noem: ‘ n nagsuster het vir my verkeerdelik “ DILATRENT”  gegee (sy het vir my vertel my Cardio het dit voorgeskryf en ek het dit gedrink! Sy het agterna erken dat sy per ongeluk in die verkeerde kamer ingestap het)! Ek het omtrent ‘ n halfuur of so na die pil baie sleg gevoel, hartklop vinnig, kon nie asem kry nie, borspyne was erger en my bloeddruk gevaarlik laag (op ‘ n goeie dag is my BP 100/60) en eers toe ek die Cardio die volgende oggend uitvra hoekom hy dit vir my voorskryf, kom ons agter ek het dit verkeerdelik ingekry. Sjoe, ek was nogal kwaad en die Matrone het ‘ n Insident ingevul.

So, dis my lang storie om net te vertel dat ek nou baie beter voel en regtig dink al my drama is nou uitgesorteer.

Ek het beslis ‘ n les of twee die laaste tyd geleer en ek weet ek is op hierdie aarde vir ‘ n doel. “ Coincidence is God’ s way of being anonymous” .

Sterkte vir Doc se Praktyk en die wonderlike werk wat U hier doen!

Lekker slaap.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Liewe Cornel
Ja nee om nou die ou jaar in die ICU af te sluit is nou nie wat mens graag wil hê nie, nê. Partykeer is dit 'n goeie ding dat jou "gewone" dokter op verlof is, dan kry mens weer 'n behoorlike checkup deur 'n nuwe "mechanic" wat weer van vooraf simpatie het met al jou simptome! Ek is bly dat jy nie groot probleme ontwikkel het deur die Dilatrent toediening nie - dit is nogal skrikwekkend - maar nou sal jy hulle seker goed uitvra voor jy weer 'n pil drink wat onbekend lyk!
Mens verstaan nie altyd hoekom daar sekere dinge oor jou pad kom nie - maar wat jou nie dood maak nie maak jou sterk, hoor ek. Maar ek wens vir jou regtig 'n beter en geseende jaar toe hierdie jaar!
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Michelle | 2013-11-06

Hallo, ek wil weet of daar medikasie is vir nekwerwels wat degenereer. My Ma het die probleem en sy het by iemand gehoor dat daar iets is wat mens kan gebruik wat kraakbeen kan vervaardig, weet nie hoe waar dit is nie. Kan iemand asb help ?

Reply to Michelle
Posted by: Ruby | 2009-01-07

Hey Cornel!!
Sho, kannie glo oor die Dilatrent nie!! Shewie!! Dis soos die nurse wat vir my medikasie gegee het waarvoor ek allergies was NADAT ek met groot rooi letters op die form ingevul het dat ek allergies is daarvoor!!! Eks jammer, maar as jy nie die pille kan regkry nie, dan moet jy eerder nie ' n nurse wees nie... Bly dit was nie te erg nie!!
Ja, nee jy het ' n rowwe feestyd gehad... Soos my skoonsussie wat vertel het van die een ou by haar werk... Hy se vir haar hy het ' n baie lekker vakansie gehad al was daar bietjie challenges... Die bietjie challenges was: Hy moes 4500km deur Mosambique reis om in Zimbabwe (sy land) in te kom. Hy het met 2 sakke aartappels en een tassie klere getravel. By die Zim border het hulle sy aartappels gesteel. Met sy terug reis het hy gesukkel om deur die grens te kom, toe ry sy taxi weg met sy tassie klere in. Hy vat toe ' n ander taxi, die was toe in ' n lelike ongeluk en meeste het erge breke gehad, hy was gelukkig... en dan se hy, maar all in all was it a good holiday!!!
Dankie vir jou post ook by my :-) Ek het gelukkig nog nie hardlywigheid nie (eintlik diarrhoea), maar sal die All Bran onthou vir later :-) Thanks!! Dr het gese hy sit my op ecotrin vir beter bloedvloei vir die baba... Weet nie eintlik hoekom dit noodsaaklik is dat ek dit vat nie... Toe ek by hom kla van palpitations, bradycardia HR was onder 50, arrythmias en chest pyn in die middel van Dec het hy net gese dis nie die ecotrin nie, maar die swangerskap... So ek trust maar net hy weet wat hy doen... Gelukkig het AL daai hart simptome opgehou na ' n week... Die bloei het ook opgehou, ek was bietjie bekommerd oor dit, maar dit was nie asof ek massive baie bloed verloor nie. Ek weet ook darem van die laaste toetse dat ek nie anemic is nie, so eks nie te geworry daaroor nie. Sal dit beslis wel vir die doctors noem. Dan kan hulle maar besluit wats die beste.
Cornel, ek is sooooooo bly jy is uit die hospitaal uit en beter :-) Dis waar wat dr Bets se, nogal cool om nuwe perspektief op jou gesondheid te kry.
Mag 2009 vir jou ' n GOEIE jaar wees!!!
Eks amper deur my 12 weke hoe risiko... nog net 2 weke en 2 dae oor :-) :-) :-) Ek het baie faith dat als goed sal afloop met my swangerskap!!! Seriously, if you can do it met ' n lek hart en al dan gee dit my baie hoop!!!! :-)

Reply to Ruby

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement