advertisement
Question
Posted by: Cornel | 2008/12/03

Terugvoer

Hi Doc,

Weereens dankie vir die inligting. Ek gaan 15 Jan. weer vir
Dr. Blomerus sien, dan sal ek vra dat hy verskeie bloedtoetse doen. Ek gebruik nie ' n bloeddruk pil nie. My BP is gemiddeld 112/80 (baie mooi).

Ek moes vanmiddag die Firma Dokter by die werk gaan sien. Sy monitor my al vir die afgelope 3 maande (seker maar oor die firma wat Lewens-versekering oor ' n mens uitneem). Sy het die Amiloretic vervang met Spironolac wat sy aanbeveel ek saam met die Lasix gebruik. Sy is nie gelukkig met die feit dat daar vog op my longe is, en dat ek klagtes van hartkloppings het terwyl ek Urineer en trappe klim nie - dit beteken dat my hart kompenseer vir die vog.

Ek gaan dit nou maar vir die volgende paar weke probeer. Gelukkig werk ek nog net tot einde volgende week, dan is ons af tot volgende jaar :)

Lekker aand vir Doc.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hi Cornel
Ek werk ook nog net tot einde volgende week - kan nie wag nie! Spironolac behoort goed te werk.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement