advertisement
Question
Posted by: Cornel | 2008-12-02

Terugvoer

Hi Doc,

Om u vrae van die vorige boodskap te antwoord:

As ek op my onderbene druk dan bly die merkie vir ' n paar sekondes daar.

Ek het my vorige bloedtoetse gaan bestudeer (ek vra gewoonlik afskrifte daarvan aan). Dr Blomerus het in Junie 2008 laas bloedtoetse aangevra (Pro BNP) en my GP het met die Borsluiskoors (Aug. 2008) die normale VBT, ens. aangevra.

Hoe belangrik is die UKE toetse en wat dui dit aan? Ek het nog nie in die laaste 3 maande wat ek Diuretics drink bloedtoetse laat doen nie.

Ek het bietjie gaan nalees oor Kalium en probeer om aartappels, tamatie en piesang in my dieet in te bring.

Enige iets wat ek aan die " kuggie"  kan doen? Dis baie hinderlik om nog te praat en dan is mens se stem krakerig of weg.

Baie dankie, nogmaals.
Lekker aand.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hi Cornel
UKE toetse toets jou nierfunksie en elektroliete wat belangrik is vir jou hart funksie - veral natrium, kalium en Kalsium. Dit kyk ook of jou niere water reg uitskei. Dit klink nie of die edeem dan erg is nie, wat 'n goeie teken is. Jy moet dalk ook as jy bloed trek vra hulle moet net asb na jou serum proteiene kyk - lae proteien kan ook edeem veroorsaak. Verfris net my geheue met jou huidige pille - gebruik jy 'n bloeddruk pil?
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Lampies | 2009-01-19

Hello Dr

Ek het Cornel (Terugvoer) se probleem asook jou antwoord gelees en het ' n soortgelyke vraag.

My Internis Dr het ongeveer 1.5 jaar gelede my betablokker agv ligte asma verander na Ravamil bloeddruk pil (half per dag) plus Indapamide ontwaterings pil. Lg het my egter baie hardlywig gemaak en was ek genoodsaak om ' n ' n Senna produk (Ten Herbs) te drink om te help.

In November was ek vir ' n gastros- en kolonoskopie en het die Dr ' n Senna kolon gediagnoseer (kolon bruin ipv pienk). Hy het toe aanbeveel dat ek die Indapamide staak.

Binne ' n week na staking het ek gevind my bene swel. Veral as ek sokkies dra. Ek verbeel my ook dat ek het meer pyne in my gewrigte. My bloeddruk het ook gestyg van ' n normale gemiddelde 125/75 na 135/85.

Ek is bekommerd daaroor en sou graag u mening daaroor wou hê .

Lampies

Reply to Lampies

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement