advertisement
Question
Posted by: Cornel | 2008/06/18

Terugvoer

Hi Doc.

Baie dankie vir die raad. Ek dink ek kon tog my bors so bietjie seer gemaak het. My dogtertjie (amper 3jr) weeg 18kg en ek het verlede week weer begin om haar op te tel en bietjie rond te dra.

Ek glo nie dis Angina nie. Maak eerder vir my sin dat dit spiere/borsbeen kan wees wat dalk bietjie verrek het.

Ek sal more my Apteker gaan vra vir die ADCODOL en kyk of dit 'n verskil maak. Ek kan nogal doen met 'n ordentlike slapie :) Ek drink 15mg COXFLAM bedags, maar dit maak nie 'n wesenlike verskil nie.

My rustende HR is nog in die 100+ omgewing (ek is net nie meer so attend daarop nie en moes dit nou eintlik fisies sit en tel :) en ek weet my BP is laag omdat ek nog maar sterretjies sien en nogal moeg is.

Ek gaan 4 Julie die EP Spesialis sien en sal dan saam met hom kyk of dit nodig is vir CORALAN. Ek hou nie van pille drink nie en wil dit beslis nie lewenslank doen nie, so as die HR nie gevaarlik is nie en nie nadelig is in die lange duur nie, sal ek daarmee saam leef.

Lekker dag vir u :)

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hi Cornel
Jy kan dalk maar bietjie Voltaren jel ook op die area smeer en 'n warmsakkie opsit!
Groete Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: PW | 2008/06/27

Coralan is not an anti-arrhythmic agent

Reply to PW
Posted by: Cornel | 2008/06/19

Hi doc,

Vanoggend was my HR 120+ en baie onreelmatig (my man het sy oor teen my bors gesit en gese dit klink soos iemand wat nie kan dromme speel nie.) en my BP 100/70.

Ek het nog geen medikasie begin neem wat dalk die onreelmatigheid kan verklaar nie en dis ongelukkig nie die eerste keer wat my hart post-op weer so simpel klop nie. Dit gebeur veral in die aande en vroeg-oggend.

Sal dit ook deur die CORALAN reggestel word?

Reply to Cornel

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement