advertisement
Question
Posted by: Cornel | 2008/10/08

Terugvoer: 1726

Baie dankie Doc vir die inligting op POTS. Nou bid ek regtig vir ' n negatiewe Tilt... ek sal laat weet hoe dit gegaan het.

Dr. Blomerus het voorgestel, as Tilt negatief is en ek nogsteeds floutes kry, dat hy ' n 3 jaar-EKG in plant. Dit lyk amper soos ' n rekenaar se " memory stick"  en hulle maak snytjie bokant linker bors (amper soos met ' n pasaangeer) en los die metertjie daar...

Hy het spesifiek genoem dat ek nie MVP het nie, maar wel die Klep wat lek... dus mitraal inkompetensie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hi Cornel
Ek wag in spanning..
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Dr Bets | 2008/10/09

Liewe Cornel
Bly saam met jou dis nie POTS nie! Sal aan jou dink, hoop die Coralan &  Mag &  Kalium werk.
Dr Bets

Reply to Dr Bets
Posted by: Cornel | 2008/10/09

Hi Doc,

Ek was toe vandag vir die Tilt en behalwe dat dit ' n aaklige ervaring is (naarheid, duiseligheid, hartkloppings, kort asem en hoofpyn) het ek nie flou geword nie, dus skakel dit POTS uit. My bloeddruk tydens die Tilt toets het gewissel tussen 115/75 in die begin tot 87/65 aan die einde van die toets.

Die resultate op die 24uur holter:
amper 2000 supra-ventricle extra systoles en ' n gemiddelde HR van 92. Dr. Blomerus gaan probeer om CORALAN te motiveer aangesien dit my hartklop aansienlik sal stabiliseer (ons het al 6 ander beta-blockers probeer wat nie die ritme kan reg kry nie).

Verder sal ons 6-maandeliks die Klepfunksie monitor. My EF is 56% maar geen hartkamers wat vergroot is of werklik tekens van " Pulmonary hypertension"  nie.

Ek bid op hierdie stadium net die floutes weg en hoop dat dit net ' n tydelike storie was en dat die ekstra Slow-Mag en Plenish K ' n positiewe verskil sal maak.

Nogmaals baie dankie vir die liefde waarmee Doc my navrae beantwoord.

Lekker aand verder :)

Reply to Cornel

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement