advertisement
Question
Posted by: PW | 2011/02/15

Terug betalings

Ek het nie baie kennis oor werks wette nie maar wil net my susters kind help. Die dame is n bestuurder by n bekende wegneem ete restaurant. Middel laas jaar het een van die ander bestuurders n groot bedrag geld gesteel. Maar omdat dit haar skof was, moet sy al die geld terug betaal. Dit was R35000.00 Sy is nogsteed besig om dit terug te betaal, en nou het iemand weer gesteel, en weer n groot bedrag, en sy moet dit weer betaal. Ek verstaan nie hoe dit werk nie. Kan iemand asb dit aan my verduidelik. Is dit reg dat sy die geld moet terug betaal.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageLabour lawyer

Re: Terug Betalings

Die enigste manier hoe u susterskind wettiglik aanspreeklik gehou kan word vir diefstal by haar werkplek, is as die werkgewer haar dagvaar vir die verlies en ‘n vonnis teen haar kry as synde die verantwoordelike party. Al is daar ‘n klousule in die dienskontrak wat bepaal dat die bestuurderes verantwoordelik is vir verliese, moet die werkgewer steeds bewys dat sy aanspreeklik is vir die diefstal.

As u susterskind verantwoordelikheid aanvaar het, byvoorbeeld deur ‘n skulderkenning te teken, sal sy waarskynlik min keuse hê as om voort te gaan met die afbetaling.

Die werkgewer mag ook nie meer as 25% van die salaries per maand aftrek nie.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

7
Our users say:
Posted by: PW | 2011/02/25

Baie dankie Whena, ek sal kyk of ek die kopie van die Rapport kan kry. Ek waardeer rerig u terugvoer op die saak.

Reply to PW
Posted by: Casey | 2011/02/22

As sy weet wie die geld gesteel het kan sy ''n klag van diefstal by die polisie gaan lê  teen die persoon/persone.

Reply to Casey
Posted by: Labour Lawyer | 2011/02/22

Re: Terug Betalings

Die enigste manier hoe u susterskind wettiglik aanspreeklik gehou kan word vir diefstal by haar werkplek, is as die werkgewer haar dagvaar vir die verlies en ‘n vonnis teen haar kry as synde die verantwoordelike party. Al is daar ‘n klousule in die dienskontrak wat bepaal dat die bestuurderes verantwoordelik is vir verliese, moet die werkgewer steeds bewys dat sy aanspreeklik is vir die diefstal.

As u susterskind verantwoordelikheid aanvaar het, byvoorbeeld deur ‘n skulderkenning te teken, sal sy waarskynlik min keuse hê as om voort te gaan met die afbetaling.

Die werkgewer mag ook nie meer as 25% van die salaries per maand aftrek nie.

Reply to Labour Lawyer
Posted by: Whena | 2011/02/21

In hierdie naweek se Rapport het hul n baie soortgelyke voorval bespreek en die antwoord was presies dieselfde as myne .Artikel 34 van die Arbeidswet het betrekking

Reply to Whena
Posted by: PW | 2011/02/21

Kan die expert my asb antwoord op die vraag aangesien n leser my al geantwoord het.

Reply to PW
Posted by: pw | 2011/02/21

Dankie vir die leser se antwoord. Ek waardeer dit baie. E

Reply to pw
Posted by: whena | 2011/02/18

Dit kan nie reg wees nie- hoekom moet sy geld terugbetaal wat n ander steel? Ek stel voor sy gaan na die naaste CCMA tak aan jul en vra daar vir raad. Sy moet sommer haar diens -|- rak ens saam vat

Reply to whena

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement