advertisement
Question
Posted by: Marico | 2011/02/14

tering

My huishulp was 9 maande gelede baie ernstig siek met ''n laat diagnose van tering. Haar HIV-status is negatief. Haar medikasie is 3 maande gelede gestaak, nadat al die nodige toetse gedoen was en sy gesond verklaar was.

Donderdag het sy gekla van diaree wat vinnig opgeklaar het met Pectrolyte. Omdat sy siek voorgekom het en koud gekry het, het ek haar temp geneem - dit was 40 grade. Hoewel sy nie eintlik gehoes het nie, het sy bietjie bloed uitgehoes. Dr het longinfeksie gediagnoseer en verskeie meds gegee waaronder 2 antibiotikas. Sy was hele naweek rustig in die bed. Haar temp het deur die naweek nie heeltemal gebreek nie (ongeveer 38). Nou is dit weer 40, hoewel sy baie beter voel.

Sy is bekommerd dat die TB hervat het. Kan dit gebeur nadat sy die TB medisyne getrou gebruik het en gesond verklaar was? Ek is van plan om haar more terug te neem na die TB kliniek.

Dankie vir u aandag hieraan

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Marico
Dit is moontlik, maar sy kon dalk net pneumonie opgedoen het omdat sy reeds longskade van die tering het. Het hulle x/strale van haar longe geneem? Dit bekommer my dat die koors nog so hoog is na 48 uur se antibiotika en ek dink dit is beter dat sy weer 'n dokter sien vir opvolg. Hulle moet dalk weer sputum wegstuur vir kweking.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: cYBERDOC | 2011/02/14

Hallo Marico
Dit is moontlik, maar sy kon dalk net pneumonie opgedoen het omdat sy reeds longskade van die tering het. Het hulle x/strale van haar longe geneem? Dit bekommer my dat die koors nog so hoog is na 48 uur se antibiotika en ek dink dit is beter dat sy weer 'n dokter sien vir opvolg. Hulle moet dalk weer sputum wegstuur vir kweking.
Dr Bets

Reply to cYBERDOC

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement