advertisement
Question
Posted by: Daleen | 2010/09/17

Tel gewig op met verslankmiddels

Dr
Ek is nie ''n persoon wat konstant op die een dieet na die ander is nie. Ek weet egter ek is oorgewig. My gewig het ek opgetel nadat my kinders gebore terwyl ek geborsvoed het. My probleem is dat vir een of ander rede tel ek gewig op sodra ek ''n verslankingsmiddel drink om my te help. Ek het nog net Herbex gedrink en dit het my laat gewig optel. Daarna moes my ma skielik gewig verloor voor ''n operasie. Sy is aangesê  om 2 liter suurlemoen water per dag te drink. Ons doen dit toe saam. Sy verloor 5 kg in 2 weke en ek tel omtrent 3 kilos op. Hoe gebeur dit.

Ek eet oor die algemeen gesond. Eet nie rys en aartappels saam nie. Gebruik nie botter or margarine in my kos nie of die minimale hoeveelheid as ek dalk op ''n naweek eiers gaarmaak. Gebruik olyfolie ipv gewone sonneblom olie. Maak nooit kos in olie gaar soos tjips nie. Myne word in die oond gebak. Probeer om nie meer as 2 keer ''n week pasta en rooi vleis te eet nie.

Oor die algemeen bly my gewig konstant - tel nie sommer op nie maar verloor ook nie maklik nie. Ek wil so graag so 10 tot 15 kilos verloor maar niks werk blykbaar vir my nie - of dit is omdat ek dalk net te lui is om op ''n streng dieet te gaan.

Dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Daleen
Mense reageer verskillend op verslankingspille, ens. Die storie met die suurlemoenwater het miskien jou elektrolietbalans versteur en waterretensie veroorsaak wat jou dan laat swaarder weeg. Probeer om 'n verstandige, gebalanseerde verslankingsdieet te volg (kliek op 'Diet' bo aan hierdie bladsy, en dan op 'Weight loss' en 'The right approach' en 'Slimming Diet') en doen elke dag ten minste 30 min se oefening (flink stap, touspring, fietsry, ens).
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2010/09/17

Beste Daleen
Mense reageer verskillend op verslankingspille, ens. Die storie met die suurlemoenwater het miskien jou elektrolietbalans versteur en waterretensie veroorsaak wat jou dan laat swaarder weeg. Probeer om 'n verstandige, gebalanseerde verslankingsdieet te volg (kliek op 'Diet' bo aan hierdie bladsy, en dan op 'Weight loss' en 'The right approach' en 'Slimming Diet') en doen elke dag ten minste 30 min se oefening (flink stap, touspring, fietsry, ens).
Sterkte
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement