advertisement
Question
Posted by: moedeloos gepraat | 2010-12-21

te veel suiker???

Beste dokter,

My vorige post (een van baie!) was 1394...
Dit gaan alles oor my suster se 34-jarige seun wat minstens 5 liter coke per dag drink, oor die algemeen nie veel eet behalwe wit rolletjies en dalk n worsie of koue vleis
Hulle woon in by ons, en dis hoekom ek bly ''''inmeng''''... Die rede hoekom ek bekommerd is, is nie slegs die feit dat ek weet hy gebruik te veel suiker en sy ma is reeds n diabeet nie. Maw, hy staan n goeie kans om dieselfde pad te loop. Die rede hoekom ek bekommerd is, is omdat hy elke maand of twee heeltemal ''''uithaak'''', sommer net sy werk los, heeltemal vreemd optree, eitnlik nie vreemd nie, maar letterlik asof hy nie ''''all there'''' is nie!
Dit het nou weer hierdie naweek gebeur, maar regtig baie erg! So neem hulle hom toe gister na ons huisdokter, maar sy se net sy bloedsuiker is 5, hy is beslis nie nie diabeet nie, die bloedsuiker is dalk eerder te laag. (hy het toe 24uur laas coke gedrink)
Die sere op sy bene wat nie gesond word nie, is glo net omdat hy dit krap met vuil vingers. Sy praat blykbaar ook toe nie verder oor die vreemde gedrag nie.
Vir my is dit nou die groot probleem: as dit nie n tipe ''''sugar rush'''' is wat die mallerige gedrag veroorsaak nie, dan moet daar mos n ander skroef los wees? Na so n episode het hy selfs al gevra of hy nie iemand ''''seergemaak'''' het nie, en of hy getroud is (hy is en was nog nooit getroud nie). Dis asof hy nie weet wat in daai tydperk gebeur het nie.
Wat is dokter se opinie daaromtrent, en wat staan my te doen, aangesien ek regtig nie gemaklik voel met die hele storie nie. Wat bv hierdie naweek geneur het, sy ma-hulle was in die Vrystaat vir 10 dae, en ons het hulle Sondag terug verwag. Sondag-oggend los hy summier sy werk net so, stap terug huis toe sonder om enige een te se. Hulle woonstel is aangebou aan ons huis met n middeldeur waardeur ons na mekaar kan gaan. So sluit ons ons huis, en gaan uit vir die dag. Daar bel hy sy ma en vertel har ons het hom uitgesluit en hy huil soos n kind by haar.
Ek meen, sjoe, hulle huis is nie gesluit nie, hy se vir sy ma ons het sy sleutels gevat en hom uit die huis gesluit. Ons het net ons huis gesluit. Hoekom huil hy dan oor so iets.? Sy ma het die middag voor ons toe teruggekom, en sy glo hy is net gestres....
Hy het n doktersert gekry vir stres, en is vandag heel normaal en terug werk toe.
Wat moet ons daarvan dink?
HELP ASSEBLIEF!!!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Moedeloos gepraat
Ek dink julle moet dalk dat hy 'n evaluasie kry by 'n psigiater - hy het dalk 'n onderliggende temporale epilepsie of 'n geestes siekte. Jy moet maar vir sy ma vra om hom elke dag 'n multivitamien in te gee en te kyk of julle nie sy dieet kan verbeter nie - begin maar in klein stappies.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Cyberdoc | 2010-12-21

Hallo Moedeloos gepraat
Ek dink julle moet dalk dat hy 'n evaluasie kry by 'n psigiater - hy het dalk 'n onderliggende temporale epilepsie of 'n geestes siekte. Jy moet maar vir sy ma vra om hom elke dag 'n multivitamien in te gee en te kyk of julle nie sy dieet kan verbeter nie - begin maar in klein stappies.
Dr Bets

Reply to Cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement