advertisement
Question
Posted by: moedeloos gepraat | 2010-12-13

te veel suiker???

Beste dokter Bets,

Is n dieet van 4 liters Coke, 4 witbroodrolletjies en polony elke aand voldoende vir n man van dertig plus? Is hierdie dieet dalk die rede dat daar sere op sy voete ontstaan wat baie moeilik genees, en nou al weke daar sit? Wat is n tipiese gesonde dieet vir n volwassene? Afgesien van wat ek genoem het, eet hy nie veel verder nie. Drink ook nie bv water nie.

Die persoon in gedrang hier het groot respek vir u en u raad, en ek wil daarom nie na die Dieetdokter gaan nie! Baie dankie,

Groete.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Moedeloos gepraat
Nee dis nie 'n goeie dieet nie, want alhoewel hy waarskynlik genoeg kaloriee inneem, is baie van die kaloriee "leeg" sonder voedingstowwe, vitamienes en vesel. Hierdie dieet kan op die lang duur lei na diabetes, wat senuwee skade asook swere aan die voete en hande kan veroorsaak. Sien http://www.health24.com/dietnfood/Diet_basics/15-1168-1173,14362.asp
Miskien moet hy dalk net sy bloedsuiker laat toets vir diabetes. Ek sou ook aanbeveel dat hy aan die begin 'n multivitamiene begin drink en dan sy dieet begin aanpas om vrugte en/of groente in te sluit, witbrood te vervang met bruinbrood, en polonie te vervang met lae vet hoender, vis of kalkoen. Coke het vreeslik baie suiker in, so vervang eerder met dieet Coke, vars vrugtesap en water.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

4
Our users say:
Posted by: aquaryp8 | 2011-02-18

Reply to aquaryp8
Posted by: smepayimmuppy | 2011-02-01

Reply to smepayimmuppy
Posted by: nana venter | 2010-12-20

Beste dokter,

Is daar n moontlikheid om u by u praktyk te sien, of is ek voorbarig? Groot probleem met die outjie en die coke! Hulle ken u ook, kom van Ficksburg af.

Reply to nana venter
Posted by: Cyberdoc | 2010-12-13

Hallo Moedeloos gepraat
Nee dis nie 'n goeie dieet nie, want alhoewel hy waarskynlik genoeg kaloriee inneem, is baie van die kaloriee "leeg" sonder voedingstowwe, vitamienes en vesel. Hierdie dieet kan op die lang duur lei na diabetes, wat senuwee skade asook swere aan die voete en hande kan veroorsaak. Sien http://www.health24.com/dietnfood/Diet_basics/15-1168-1173,14362.asp
Miskien moet hy dalk net sy bloedsuiker laat toets vir diabetes. Ek sou ook aanbeveel dat hy aan die begin 'n multivitamiene begin drink en dan sy dieet begin aanpas om vrugte en/of groente in te sluit, witbrood te vervang met bruinbrood, en polonie te vervang met lae vet hoender, vis of kalkoen. Coke het vreeslik baie suiker in, so vervang eerder met dieet Coke, vars vrugtesap en water.
Dr Bets

Reply to Cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement