advertisement
Question
Posted by: m | 2011/10/28

TE VEEL OEFEN

Ek wil net weet, eks elke dag verskriklik moeg en in die oggende as ek opstaan kan ek nie wag om te gaan slaap nie...ek weet nie of dit dalk iets te doen het met my oefening nie. ek draf elke oggend 5dae ''n week 12km dan in die aande doen ek of spinning of taibo en maandae draf ek met my sauna suit en dan trap ek fiets vir ''n uur.. my lengte is 1.66 en ek weeg so tussen 52-53kg, oefen ek teveel, weeg ek dalk te min, of eet ek dalk te min..ek eet deur die dag maar nou nie uitermatig baie nie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

M

Verwys na my antwoord op jou vorige vraag. Dit is moontlik dat jou energie vlakke laag is omdat jy so verskriklik aktief deur die dag is. Soos ek verstaan draf jy al 5 uur in die oggend en met inagneming dat jy dan nog in die aand ook oefen, kan jy al baie vroeg in die dag moeg wees. Die menslike liggaam het ten minste ag ure slaap nodig.

Indien jy egter bekommerd is, stel ek weereens voor dat jy jou dokter vir bloedtoetse konsulteer om vas te stel of daar enige ander oorsaak vir jou moegheid is.

Groete



Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement