advertisement
Question
Posted by: M | 2011/10/28

Te veel oefen

Hi dr, ek wil iets weet... en ek weet nie of dit die oefening is wat my so moeg maak of wat dit is nie, maar kom ek verduidelik my program. in die so 3 oggende in die week draf ek 12km die ander 2 oggende draf ek so 7km, maar al 5 oggende as ek by die huis kom sal ek nog vir so 20 min fiets trap (hang af hoe ek voel) dan maandae gaan draf ek in die middag om die blok (met my sauna suit) en trap dan fiets vir ''n uur... die res van die week sal ek in die aande gym toe gaan, ek sal of taibo doen of spinning.... ek eet deur die dag maar ook nou nie baie nie.. ek is 1.66 lank en weeg so tussen 52-53kg. dink dr ek oefen dalk te veel of wat kan die probleem wees dat ek so moeg is.. en ek voel uitgeput, ek kan nie konsentreer nie en as ek in oggende opstaan kan ek nie wag om in die aand te gaan slaap nie..ek oefen nou al ''n hele paar jaar so in die oggend, ek het erger geoefen toe ek nog jonger was, ek oefen nou baie maar daai tyd het ek dit regtig oor doen. ek hoop dr kan my help

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste M
Jou huidige BMI = 19,2 wat alreeds in die ondergewig klas val. Jou ideale gewig vir 'n BMI van 22, sou 61 kg wees! Jy sê ook nie wat jy per dag eet nie, maar ek vermoed dit is besonder min as jou gewig so laag is. Persone wat elke dag so uitermatig oefen, het 'n hoër energiebehoefte as persone wat nie oefen nie (vir dames is dit bv. ongeveer 9200 kJ per dag). 'n Gebrek aan energie en veral ook aan koolhidrate (ons beste bron van maklik beskikbare energie in die dieet), kan mens so moeg laat voel dat jy soggens nie sal kan opstaan nie. Die feit dat jy ook noem dat jy nie kan konsentreer nie, mag ook dui op 'n ystergebrek - dit is heel moontlik as jy 'n minimalistiese of ongebalanseerde dieet inneem. Ek sal aanraai dat jy jou huisarts gaan sien vir 'n deeglike mediese ondersoek, insluitend bepaling van jou bloedystervlakke. Indien jy 'n ystergebrek het, sal dit dr 'n aanvulling voorskryf en sal dit raadsaam wees om rooivleis, lewer, vis, eiers (veral die eiergeel), ysterverrykte graankosse en brood, en droë vrugte soos rosyntjies, gereeld te eet. Indien jy nie 'n ystergebrek het nie, dan is dit belangrik dat jy jou oefenroetine verminder en ook meer koolhidrate by jou dieet insluit.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2011/10/29

Beste M
Jou huidige BMI = 19,2 wat alreeds in die ondergewig klas val. Jou ideale gewig vir 'n BMI van 22, sou 61 kg wees! Jy sê ook nie wat jy per dag eet nie, maar ek vermoed dit is besonder min as jou gewig so laag is. Persone wat elke dag so uitermatig oefen, het 'n hoër energiebehoefte as persone wat nie oefen nie (vir dames is dit bv. ongeveer 9200 kJ per dag). 'n Gebrek aan energie en veral ook aan koolhidrate (ons beste bron van maklik beskikbare energie in die dieet), kan mens so moeg laat voel dat jy soggens nie sal kan opstaan nie. Die feit dat jy ook noem dat jy nie kan konsentreer nie, mag ook dui op 'n ystergebrek - dit is heel moontlik as jy 'n minimalistiese of ongebalanseerde dieet inneem. Ek sal aanraai dat jy jou huisarts gaan sien vir 'n deeglike mediese ondersoek, insluitend bepaling van jou bloedystervlakke. Indien jy 'n ystergebrek het, sal dit dr 'n aanvulling voorskryf en sal dit raadsaam wees om rooivleis, lewer, vis, eiers (veral die eiergeel), ysterverrykte graankosse en brood, en droë vrugte soos rosyntjies, gereeld te eet. Indien jy nie 'n ystergebrek het nie, dan is dit belangrik dat jy jou oefenroetine verminder en ook meer koolhidrate by jou dieet insluit.
Sterkte
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement