advertisement
Question
Posted by: Marico | 2011/10/31

TB

Is tuberkulose ''n aanmeldbare siekte? En doen spyseniering by ''n skool en ek vermoed dat een van my assistente, wat met die kinders werk en ook met die bediening van etes help, TB mag he. Haar man is na 6 maande, pas ontslaan uit ''n TB kliniek. Sy is die afgelope 2 maande nie gesond. Het haar dr toe gestuur, met wat volgens haar ''n spasma, in die rug is. Haar pyn is agter, bo, in wat ek meen die longarea is. X-strale en bloedtoetse is gedoen en volgens haar, het sy nie TB nie. Ek het haar ''n maand siekverlof gegee, maar sy is steeds swak, maer, sweet, en voel nie lekker nie. Mag ek, terwille van die kinders met wie sy werk, aandring op ''n antwoord van die kliniek dat sy nie TB het? Wat staan my te doen?

Baie dankie vir die geleentheid om die vraag te vra

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Marico

Dit sal beter wees om haar na 'n privaat dokter vir sputum toetse te neem en so vas te stel of sy wel tuberkulose het of nie. Dit is 'n aanmeldbare siekte. Dit is moontlik dat sy iets anders makeer en die dokter sal beslis met 'n diagnose kan help.

Groete





Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement