advertisement
Question
Posted by: Willem | 2009/01/07

TB

Hi Dr,

Ons het so ' n week gelede uitgevind ons huishulp het TB en sy word tans daarvoor behandel. Sy kyk deur die dag na ons 3 jarige dogtertjie. Ons dogterjie het by geboorte die enting gekry (BCG), maar ons wil maar eerder haar laat toets. Sy hoes bietjie in die nag en sweet ook baie.
Watter toetse doen julle vir TB (wat word fiesies gedoen)? En watter plek is die beste om heen te gaan: huisdokter of die kliniek? Iemand het ons aanbeveel om na die gemeenskapskliniek te gaan want hulle ken glo die storie redelik goed omdat hulle dit baie doen...? Geld is nie ' n probleem nie, my gesin is op die beste medies wat geld kan koop!

Baie dankie...jy weet mos hoe voel ' n pa oor sy dogter, so ek wil maar net die beste/regte ding doen...

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Willem
Gaan liewer na jou GP of die pediater toe - hulle doen 'n bloedtoets TB PCR en hulle kan x/strale van haar longe ook neem. Julle huishulp is nie aansteeklik na 2 weke van behandeling nie, mits sy dit gereeld neem.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement