advertisement
Question
Posted by: Dofie | 2011-07-22

T-Buise / Middeloor Ontsteking

Hallo, groot asb gee advies want ek kry eers oor ''n maand ''n afspraak by ons ENT. Ek het in 2009 T-buise (grommet) in albei my ore gekry en kon fantasties hoor. Die prof. wat dit ingesit het, het gese dit hou tot 10jr. Ongelukkig het ek Mei 2011 met griep na ons GP gegaan en hy het gese albei t-buise het uitgeval. Nou sit ek met chroniese middeloor ontsteking en is so doof soos ''n kwartel. My werk, huis en sosiale lewe ly hieronder en ek is so moedeloos want ek is bevrees die nuwe ENT sal my net weer op Antibiotika of kortisoon sit, en DIT WERK NIE! Mag ek vra vir nuwe T-buise, en is dit skadelik om oor en oor " grommets"  te kry? ASB help, ek is so gefrustreerd!!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImagezENT Expert

Geagte Dofie

Jy moet natuurlik eers weer ondersoek word, maar dit lyk my jy weet al wat die uiteinde gaan wees. Indien 'n pasiënt reeds herhaaldelik gefaal het op konserwatiewe hantering, en wel goed reageer met die T-buis, is dit wel in jou belang om dit weer aan te vra, aangesien dit lyk of dit al is wat in jou geval werk. Gewoonlik hou T-buise baie lank, ek dink net jy was ongelukkig! T-buise mag ongelukkig wel uitval ten tye van erge infeksies, maar hopelik hou hulle hierdie keer langer.
Die status van die oordrom bepaal hoe gereeld jy dit kan laat inplaas, maar gewoonlik is daar nie sommer 'n beperking op die hoeveelheid kere wat dit geplaas kan word nie. Om tyd te spaar, kan jou huisdokter jou dalk begin op 'n kursus kortisoon en anti-biotika, aangesien jy nog die hele maand wag, dit kan dalk effe tydelike verligting bied, maar bespreek dit met jou dokter.

Groete

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement