advertisement
Question
Posted by: Helena | 2009/05/04

Swine flu/Vark griep

Hallo Dokter

Asb verduidelik vir my wat Vark griep se simptome is. Soos ek dit verstaan is dit algemeen onder varke. oekom is dit nou so gevaarlik?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Helena
Die griepvirus wat infeksies vir varke gee, het gewoonlik nie mense aangesteek nie. Nou het die virus so effens verander, en kan dit mense ook aansteek. Ons het geen weerstand ( antiliggaampies ) daarteen nie, omdat dit 'n "nuwe" strain virus is. Dit is nie meer gevaarlik as ander griep virusse nie, behalwe dat ons dalk bietjie weerstand het teen die huidige virusse - dit verander elke jaar net so effens en daar is entstowwe daarteen.
Simptome is maar soos gewone griep: koors >38 grade, lyfseer, snotneus, keelseer, hoes maar kan ook diarree en braking gee. Tans toets ons vir varkgriep as die pasient uit 'n area kom waar daar bewysde varkgriep is, en as dit iemand is wat kontak gehad het met iemand wat bewysde varkgriep het ( Lab toets is positief ) Om vark te eet is nie gevaarlik nie. Dit word met hoes en lag en nies en druppeltjie besmetting versprei - selfs onder varke!
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

3
Our users say:
Posted by: talita | 2015/07/22

Ek vat m kind di naweek na n dokter toe ek weet ni of dt tande is nie hyt n loop neus en oorpyn heeltyd ook keelseer want h eet ni te veel nie asook hoes heeltyd.en sy ogies lyk so rooi heeltyd slp binne dit. hy voel ook deri nag baie warm en slap ni veel nie ek begin bekommer raak veral omdat hier n geval nu onlangs van varkgriep was hen hys in n kleuterskool. Net om veilig te wees gaan ek hom dkter toe vat kan nie kanse vat met sulke goed nie enige raad sal wardeer word asb dankie talita.smuts@gmail.com

Reply to talita
Posted by: archeline | 2015/07/02

Hi daar...my seuntjie (2 jaar 8 maande) wys die simptome van vark griep....ek het hom dokter toe gevat oor sy erg kopseer en opgooi...dokter het nie eens vark griep genoem nie...wat maak ek nou....

Reply to archeline
Posted by: Jorene | 2014/06/10

Dr Bets My verloofde het so twee jaar gelede vark griep op getel deur n drankie te drink by n club vermoed die glaas was besmet met die virus.ons het verlede jaar september uit gevind ek is swanger met n tweeling alhuwel hulle dit in januarie 2014 nie gemaak het nie op sewe maande.My vraag is kan die vark griep virus wat dalk nog in my verloofde se liggaam is dit veroor saak het? stuur asb jou raad of advies na jorene.cronje@gmail.com baie dankie Groete Jorene Cronje

Reply to Jorene

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement