advertisement
Question
Posted by: varkie | 2009/09/11

swine flu

Beste dok,

Dis seker die mees algemene vraag deesdae en dok is seker al moeg daarvoor!! Ek wil graag weet of ek dalk varkgriep het.
My simptome is as volg:
Sondag wat verby is, baie moeg, seer bene in gesig,
Maandag, vrekmoeg - soos lood op my lyf en ooglede
DInsdag, nog moeg, lyfseer, keelseer, koorsig
Woesdag, hoes, keelseer, lyfpyne, duiseligheid, naar, voel of ek op watte loop, van balans af, - kry 1000mg ciprobay en hoesgoeg en brufen pille
Donderdag, dink ek gaan dood van pyne en moegheid, ribbes onder borste voel of almal af is, en seer, kortasem
Vandag, ribbes nog meer seer, hoes, toe bors.
EK is n asmalyer en is 57 jaar oud.
Dankie, dok.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Varkie

In die lig van jou ouderdom en jou onderliggende asma, sal ek voorstel dat jy jou dokter besoek en hom/haar te vra om jou te toets vir varkgriep, deur middel van 'n bloedtoets.

Dit is meer waarskynlik net 'n virale griep infeksie en sal +/- 14 dae neem om op te klaar. Ek stel bedrus en baie vloeistof inname (+/- 2 tot 3 liter water per dag) voor. Maak ook seker dat jou asma goed beheer is deur middel van die gebruik van jou asma medikasie.

Jou dokter kan ook sekondere bakteriele infeksie met antibiotika behandel, indien nodig.

Groete





Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement