advertisement
Question
Posted by: Adriaan | 2012/07/07

swelling van kliere

Ek het vir meer as n week swelling op die hoek van my kakebeen gehad op die punt van die kakebeen die regter kant baie meer as die linker kant en dit was seer ek het aangeneem dat dit pampoentjies was,maar was nie heeltemal oortuig daarvan nie weens ek jare terug pampoentjies gehad het op die selfde tyd wat ek breinvlies onstekeing gehad het en die seer van hierdie was vir my in die binnekant gewees terwyl ek nou seer aan die buiteknat beleef het.Dit het 2 weke terug weer na normaal toe terug gekeer.Gisteraand toe voel ek weer ''n effens se pyn by die kakebeen,niks te erg nie en geen swelling is teenwoordig nie,maar ek het toe ook agter gekom toe ek my onderbroek uit trek dat by my skaam hare gedeelte is my regter kant gevoelig en kwaai geswel teen oor die linker kant .

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Adriaan

Ek stel voor dat jy jou dokter vir 'n ondersoek konsulteer. Pampoentjies veroorsaak swelling van speeksel kliere en kan ook die testis aantas. Dit word gekenmerk deur pyn, gevoeligheid en lae graadse koors. Jou dokter sal met 'n ondersoek en bloedtoetse vas stel wat die oorsaak van jou simptome is.

Groete





Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement