advertisement
Question
Posted by: Riana | 2011/01/27

Swelling onder tong

Ek ervaar ''n eienaardige swelling onder my tong by tye. Dit is nie die tong self nie, maar meer die vlies (?) wat die onderkaak met die tong verbind, as ek dit so kan stel - aan die basis daarvan. Dit is asof daar ''n kliertjie is, maar somtyds swel dit so groot dat dit ongemaklik is en dit veroorsaak meer speeksel ook. Dit kom en gaan egter. As ek ''n afspraak by die dokter maak, dan is die swelling weer gesak teen die tyd dat ek daar kom. Ek het ook my eetgewoontes dopgehou, maar dit volg nie ''n vaste patroon met sekere kosse sodat ek kan dink dat dit ''n allergie is nie. Is so iets normaal, of moet ek dit laat ondersoek? Ek ervaar geen ander simptome hoegenaamd nie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Riana
Mens noem dit 'n "Ranula" en dit is 'n tipe sist wat opvul met vloeistof van die speeksel klier af. Vra jou huisdokter of jy hom kan kom wys as dit weer swel, want jy moet na 'n mond en kaak dokter toe verwys word om dit te verwyder as dit lastig is. Dis nie kankeragtig nie.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Cyberdoc | 2011/01/27

Hallo Riana
Mens noem dit 'n "Ranula" en dit is 'n tipe sist wat opvul met vloeistof van die speeksel klier af. Vra jou huisdokter of jy hom kan kom wys as dit weer swel, want jy moet na 'n mond en kaak dokter toe verwys word om dit te verwyder as dit lastig is. Dis nie kankeragtig nie.
Dr Bets

Reply to Cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement