advertisement
Question
Posted by: Rene | 2009/06/09

sweet laat my jeuk

Hi Doc,
Ek het verskeie toetse ondergaan, bv urientoetse ens. Maar die uitslag wys geen probleme nie. Tog, sodra ek net ' n klein bietjie sweet of net warm kry, of onder ' n stort staan, begin my lyf te jeuk. So erg dat ek myself krap dat die merke sit. Ek het geen uitslag op my lyf nie. Die ander probleem is dat my stoelgang my brand, so erg dat ek ' n ' nappy rash'  kry en gebruik boudesalf daarvoor. Ek drink sowat 2L vloeistof in die dag en deur die dag nog so 1L. Ek bly dors, veral in die nag.

Ek het ook gewig opgetel, 12kg in 4 maande, sonder dat ek enigsins van dieet verander het.
Help my met raad asb? (41jaar en vroulik)

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Rene
Dit is 'n tipe hipersensitiwiteit wat jy het - het jy al probeer om iets soos Aterax of Phenergan daarvoor te gebruik wanneer dit gebeur? Dit mag help om bikarbonaat in jou badwater te gooi.
Die dorstigheid kan 'n teken van diabetes of niersiekte wees - is daar getoets daarvoor ( en vir insulien weerstandigheid?)
Laat jou dokter bietjie kyk na die irritasie by die anus, jy het dalk 'n fungus infeksie ( candida) daar wat behandeling nodig het.
Sien ook http://en.wikipedia.org/wiki/Aquagenic_pruritus
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement