advertisement
Question
Posted by: Nat waslap | 2009-01-07

Sweet!

Hello Dr Bets

Ek is ' n 44 jarige vrou en het 8 jaar gelede ' n histerektomie gehad asook 3 jaar gelede een van my eierstokke verloor. Ek was die afgelope paar weke gepla met hot flushes in die warm weer en drink nou ' n paar aanvullings wat lyk my wel help. Ek het ' n geweldige groot sweet-probleem wat al vir baie jare aankom maar hierdie somer is dit eens te erg!!

Ek doen ' n dans-sport en sweet myself papsopnat van die kroontjie van my kop, onder my arms, my rug, onder my borste, tussen my boude en binne-bene! My hande en voete sweet ook, maar dit is nie ongemaklik nie. Dit is aaklig om na die eerste paar danse so geweldig te sweet........grimering en hare bly in die slag, dit lyk of ek uit ' n swembad geklim het.

Wat kan ek aan hierdie probleem doen en het dit iets met menapouse te doen?

Groete
Nat Waslap

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Nat Waslap
Menopause kan dit erger maak! Jy kan probeer om Menograine of Probanthine te gebruik - bespreek met jou dokter want jy sal 'n voorskrif nodig hê. Driclor of Perspirex help ook vir erge sweet onder die arms.
Sien http://www.medicinenet.com/hyperhidrosis/article.htm
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement